20 dood ná stormloop tydens kerkdiens

Argieffoto ter illustrasie van Dar-es-Salaam, Tanzanië. (Foto: Unsplash)

Minstens 20 mense is oor die naweek dood en 16 ander beseer weens ’n stormloop gedurende ’n kerkdiens by ’n stadion in die noorde van Tanzanië.

’n Groot groep mense het Saterdag by ’n stadion in die dorp Moshi aan die voet van Kilimanjaro saamgedrom om deur ’n pastoor gesalf te word.

Volgens Salum Hamduni, bevelvoerder van die plaaslike polisie, het aanbidders tussen 19:30 en 20:00 na die deure van die stadion gestroom om in die stadion met heilige olie gesalf te word. Dit het absolute chaos veroorsaak.

Volgens Hamduni het die polisie pastoor Boniface Mwamposa wat by die byeenkoms gepreek het, intussen versoek om hom vir ondervraging oor te gee. Mwamposa preek oor die hele land heen, veral in die kommersiële hoofstad Dar-es-Salaam. Sy preke lok groot skares wat glo dat sy heilige olie siektes kan genees en welvaart kan bewerkstellig.

Hamduni sê sewe mense is reeds in verband met die stormloop in hegtenis geneem, waaronder ’n pastoor wat as organiseerder van die byeenkoms geïdentifiseer is.

Die polisie sal nou ook tientalle soortgelyke byeenkomste reg oor die land monitor. Hierdie byeenkomste lok duisende aanbidders wat na ’n wonderkuur op soek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Danie ·

Wanneer mense agter Profete en konings aandraf en vergeet waar die Krag eindelik vandaan kom. En natuurlik is daar die selfsugtige kitsbevrediging. Wag geduldig. Wag jou beurt af. Die ry sal vorder. Dit maak nie saak of jy laaste in die ry is nie,

Wilhelm ·

Hulle was seker maar bang die salf gaan op raak as daar so baie mense is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.