3 dood ná mikrovliegtuig woonstelblok in Duitsland tref

Nooddienste op die toneel in Wesel. (Foto: David Young/dpa via AP)

Drie mense is dood en ’n kind beseer nadat ’n mikrovliegtuig in Duitsland ’n woonstelblok se dak getref en neergestort het. Die mikrovliegtuig het vermoedelik oomblikke vantevore ’n lugballon getref.

BBC berig die voorval het Saterdagmiddag in die Duitse stad Wesel, sowat 65 km noord van Düsseldorf, plaasgevind.

Luidens inligting het die mikrovliegtuig die dak van die gebou getref en neergestort, waarna ’n brand in die solder van die gebou ontstaan het. Drie liggame is ná die voorval in die solder aangetref, terwyl ’n kind vir ligte beserings en skok behandel is.

Nooddienste op die toneel in Wesel. (Foto: David Young/dpa via AP)

Volgens inligting het ʼn vrou en haar tweejarige kind in die solderwoonstel gebly en was sy een van die drie oorledenes, saam met die twee mense aan boord van die mikrovliegtuig.

Ooggetuies het aan plaaslike media gesê die mikrovliegtuig het ’n lugballon getref voordat dit neergestort het, berig SkyNews.

“Na ons wete het die mikrovliegtuig in Marl opgestyg en by Wesel aangedoen. Dit het toe weer opgestyg en kort daarna neergestort,” het Peter Reuters, woordvoerder van die plaaslike polisie, ná die voorval gesê.

Nooddienste op die toneel in Wesel. (Foto: David Young/dpa via AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.