Aanvalle maak uitvoere deur Swartsee amper onmoontlik

‘n Vraghouerskip verlaat die Oekraïnse hawe Odesa. (Foto: Stringer/AFP)

Die risiko dat Oekraïne se skepe gebombardeer word terwyl dit probeer om graan via die Swartsee uit te voer is nou só noemenswaardig dat kwalik geen maatskappy meer dié skepe wil verseker nie.

Mathieu Berrurier, uitvoerende hoof van die versekeringsmakelaar Eyssautier-Verlingue, sê versekering vir vragskepe kan teoreties op ʼn individuele grondslag hanteer word. Maar met dié dat premies tussen vyf en tien keer meer beloop as wat dit voor Rusland se inval van Oekraïne kon dek, betaal versekeringsmakelaars bloot net nie meer as vragskepe beskadig word nie.

Dit maak Oekraïne se graanuitvoere na die res van die wêreld, waaronder Afrika, bykans onmoontlik.

Oekraïne se graanuitvoere was die afgelope jaar bestendig te danke aan ʼn ooreenkoms met Rusland wat Oekraïne toegelaat het om graan verby sy oorlogskepe in die Swartsee na die res van die wêreld uit te voer.

Die ooreenkoms het egter in Julie in die hek geduik nadat Rusland geweier het om dit te hernu. Sedertdien loop Oekraïne se vragskepe deur onder al hoe meer bombarderings. Die meeste van Oekraïne se graanuitvoere word nou deur die Donaurivier en per spoor uitgevoer.

Volgens Frederic Denefle, hoof van Garex, ʼn Franse maatskappy wat in mariene risikoversekering spesialiseer, val Rusland die hawens langs hierdie alternatiewe roete ook aan.

ʼn Russiese oorlogskip het verlede maand waarskuwingskote gevuur op ʼn vragskip wat op pad was na die Oekraïense hawestad Izmail.

“Maritieme verkeer het amper heeltemal tot stilstand gekom” in die geteikende gebiede, sê Denefle.

Die vraghouerskip Joseph Schulte het Turkye wel in Augustus bereik. Sodoende het dit die eerste vragskip geword wat suksesvol uit Oekraïne gegaan het sedert die beëindiging van die graanooreenkoms met Rusland. Dié skip het egter geen voedsel vervoer nie.

Oekraïne het tot dusver vier skepe langs ʼn nuwe seeroete laat vertrek, terwyl Rusland ʼn plan voorberei om voedsel gratis na sommige Afrika-lande te stuur en om graan teen afslagpryse vir verwerking in Turkye te stuur.

Oekraïne het intussen begin om die Straat van Kerch te teiken wat die Swartsee met die See van Azov verbind. ʼn Groot deel van Rusland se uitvoere gaan deur hierdie gebied.

Nuwe ooreenkoms

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Couleur/Pixabay)

“Die risiko’s het aansienlik vermeerder vir vragskepe,” sê Berrurier.

“Voorheen was die risiko’s eerder net gefokus op oorlogskepe.”

Internasionale versekeraars, waaronder die makelaarsfirma Marsh, is wel in gesprek met Oekraïne om vragskepe ingevolge ʼn openbare-private-vennootskap te verseker wat deur hawens in die Swartsee gaan.

Die samesprekings het ten doel om “versekeringskoste tot ʼn redeliker vlak te verminder”, sê Marcus Baker, wêreldhoof van Marine & Cargo by Marsh.

Die doel is om ʼn kredietbrief op te stel wat erken dat Oekraïne en sommige van sy uitleners deel van die ooreenkoms sal wees, wat volgens Baker oor ʼn paar weke gefinaliseer behoort te word.

Die voorgestelde ooreenkoms sal aanvanklik verseker teen fisieke skade aan skepe, voordat daarna gekyk word om die vragte self te verseker.

Die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan, het Maandag ná samesprekings met sy Russiese eweknie Wladimir Poetin gesê Turkye is gekant teen alternatiewe voorstelle tot verlede jaar se graanooreenkoms. Turkye het destyds gehelp om die graanooreenkoms tussen Oekraïne en Rusland te bemiddel.

Erdogan sê Turkye en die Verenigde Nasies (VN) het nuwe voorstelle voorberei wat daarop gemik is om Rusland se probleme met die ooreenkoms te pak, en hy hoop om “binnekort” ʼn werkbare oplossing te vind.

“Ons het ʼn nuwe voorstelpakket in oorleg met die VN voorberei. Ek glo dat dit moontlik is om resultate daarmee te behaal,” sê hy.

“Ek glo dat ʼn oplossing wat aan Turkye se verwagtinge voldoen, binnekort bereik sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

A ·

Rusland moet die skepe stop, want die skepe is vol van die Nuwe Wêreld Orde se Adrenochrome wat hulle gekry het deur om kindertjies te martel.

Bron: Hunter Biden se skootrekenaar

Dirk ·

Jy sal moet ernstig ‘n sielkundige moet sien as jy sulke leeuns glo.

Althes ·

Tot dusver het Poetin niks bereik wat tot voordeel is van sy land of die res van die wêreld nie. Ek vermoed dis sy ego wat hom die sterkste dryf.

Manie ·

Die ooreenkoms het onder andere bepaal dat graan uitvoere vanaf Oekraìne na die arm lande sou gaan en dis op grond daarvan dat Rusland die skepe deurgelaat het. Slegs sowat 5% daarvan het egter die arm lande bereik, terwyl die oorgrote meerderheid daarvan na Europa verskeep is. Wie breek nou die reëls?????

Martie Smartie ·

Kan Poetin sommer sonneblomolie ook verniet stuur. En suiker en rump steak. En garnale en kreef. Dankie

amapinki ·

Ek val nie vir die globalists se propaganda nie. Hullle het al van die begin vir ons gesê graan gaan skaars wees, want Oekraine is wêreld se grootste graan uitvoerder. How convenient.
Natuurlik sê hulle dit is alles Rusland se skuld, maar hulle is almal in cahoots met hulle agenda vir die wêreld.
Nou gaan graan skaars wees wêreldwyd en ons weet mos nou hulle sit agter al die agendas wat hulle so om die raadstafels in Davos beplan om teen die mensdom oorlog te voer.

Praat so van versekering…in Amerika gaan menige huiseienaar nou sonder huisversekering omdat die versekeringspremies ongoddelik duur is sedert die afskop van die agendas. Dit gaan hier ook so raak en dit is hoe meeste mense wêreldwyd “niks sal besit nie”.

andre ·

Putin is n held . Die weste maak nie hond haaraf teen Rusland nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.