Amerika se langste man sterf

Voormalige pres. Barack Obama skud blad met die (in daardie stadium) 2,3 m lange Igor Vovkovinskiy in Rochester, Minnesota (12 September 2009) (Foto: Saul Loeb/AFP)

Die langste man in Amerika – wat 2,35 m in sy skoene gestaan het – is in die ouderdom van 38 aan ʼn hartaanval oorlede, het sy ma op Facebook gesê.

Igor Vovkovinskiy, wat in Oekraïne gebore is, het ʼn toestand genaamd pituïtêre gigantisme onder lede gehad wat uitermatige afskeiding van die groeihormoon tot gevolg gehad het.

Sy ma het gesê haar seun het Vrydag in Minnesota gesterf. Sy het hom in 1989 van hul huis in Oekraïne na die VSA gebring om mediese behandeling te ontvang by die Mayo-kliniek in die noordelike Amerikaanse staat.

Twee operasies het sy lewe gered, maar nie sy groei gestop nie.

As 27-jarige het Guinness-wêreldrekords Vovkovinskiy die langste persoon in Amerika verklaar.

Vovkovinskiy het in 2009 ʼn gevierde oomblik beleef toe die voormalige Amerikaanse president Barack Obama hom bo die skare sien uittroon het by ʼn politieke byeenkoms. Hy het ʼn T-hemp aangehad met die woorde “World’s Biggest Obama Supporter” daarop gedruk. Hy het blad geskud met die politikus.

Volgens Guinness is die langste mens in die wêreld nou ʼn Turk genaamd Sultan Kosen wat 2,51 m lank is.

Die langste man in moderne Amerikaanse geskiedenis was Robert Wadlow wat 2,72 m lank was. Hy het ook aan ʼn groeihormoonsiekte gely en is in 1940 in die ouderdom van 22 oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willem ·

Daai man was ‘n reus! Letterlik! Ek is maar net oor die 1,8m lank. En daai ou wat amper 3m lank was! Genade! Praat van Goliat van Gat! Goliat was ‘n dwergie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.