Barbie vereer medici met poppe

Die speelgoedreus Mattel het ʼn nuwe pop ter ere van Sarah Gilbert, medeskepper van die Oxford/AstraZeneca-koronavirusentstof, geskep. (Foto: Mattel)

Die speelgoedreus Mattel het Woensdag gesê hy “hoop om die volgende generasie te inspireer” nadat hy ʼn Barbie-pop ter ere van Sarah Gilbert, medeskepper van die Oxford/AstraZeneca-koronavirusentstof, geskep het.

Gilbert het gesê sy vind dit “baie vreemd”, maar dat sy “hoop kinders wat my Barbie-pop sien sal besef hoe belangrik loopbane in wetenskap is om die wêreld om ons te help”.

“My wens is dat my pop vir kinders sal wys dat daar loopbane is waarvan hulle nie eers bewus is nie, soos ʼn entstofkundige.”

Die speelgoedmaatskappy het ook vyf ander poppe ter ere van vroue in die wetenskap geskep: Amerikaanse gesondheidswerkers Amy O’Sullivan en Audrey Cruz, die Kanadese kampvegter Chika Stacy Oriuwa, die Brasiliaanse navorser Jaqueline Goes de Jesus en die Australiese dokter Kirby White.

“Barbie is bewus daarvan dat alle mediese werkers in die voorste linies geweldige opofferings moes maak om die pandemie en sy uitdagings te takel,” het Lisa McKnight, senior visepresident van Barbie en poppe by Mattel, gesê.

“Om die aandag op hul pogings te vestig, deel ons hulle stories en gebruik ons Barbie se platform om die volgende generasie te inspireer om in hierdie helde se voetspore te volg.

“Ons wil die verbeeldings van kinders aangryp soos wat hulle eie storielyne as helde uitspeel.”

Sarah Gilbert, medeskepper van die Oxford/AstraZeneca-koronavirusentstof, wys die Barbie-pop wat na haar beeld gemaak is. (Foto: Mattel/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johanna ·

Miskien is dit n draai om Dogtertjies weer Care-Givers te laat wees. Ouers leer nie meer hulle dogters om om te gee, OMGEE kinders te wees NIE.

Tiptol ·

Iemand iewers gaan fout vind met die donker barbies se hare of lywe of kwalifikasies of iets.

Sylvia ·

Baie positiewe en opbouende skeppings. Dink dit moet verkoop word saam met die onderskeie beroepe se verduideliking en wat dit alles behels, ens., sal beslis dogters aanspoor.

Kruidjie-roer-my-nie ·

Weereens, soos altyd word daar vergeet van die paramedics en nooddiens werkers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.