Beskuldigde gooi waterbeker; tref regter teen die kop

Argieffoto

ʼn Man, wat al twee keer skuldig bevind is op aanklagte van seksuele mishandeling, het ʼn metaal waterbeker na ʼn regter gegooi en dit het haar teen die kop getref.

Travis Burroughs (36) was Woensdag in ʼn hof in Maryland toe hy die waterbeker van die verdediging se tafel gegryp en dit in die hofsaal geslinger het. Die beker het regter Wanda Keyes Heard teen die kop getref. Sy het vinnig die verrigtinge verdaag om mediese behandeling te ontvang.

Maj. Sabrina Tapp-Harper, woordvoerder vir die sheriff se kantoor, het gesê die regter het nou ʼn knop op haar voorkop.

Burroughs is lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy verlede maand skuldig bevind is op aanklag van sodomie en ontvoering. Hy dien reeds tronkstraf van 80 jaar uit nadat hy in 2018 skuldig bevind is op aanklag van verkragting, aanranding en ontvoering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

ES ·

Ek kan nie verstaan hoekom hou hulle geharde misdadigers geboei tydens verrigtinge nie… Dan raak hulle stout soos in die berig vermeld. Hoop hulle het ‘n les geleer hieruit.

Lynette ·

ES. Jy’s reg….hierdir misdaduger het tog niks om te verloor nie….net punte om te wen onder ander misdadigers. As hy die geleeentheid gehad het, sou hy hasr doodgemaak het….hy sit REEDS 80 jaar en dan sou almal in dir tronk na hom opgesien het as die man wat n REGTER vermoor het

Wie weet ·

O My Hat Lekke lag ek nou dis funny Hulle moet die regter van Collienie ook n staal koppie gee Ha Ha

André André ·

Ek was baie teleurgesteld toe ek lees dit het in die VSA gebeur.

Nettie ·

@Andre Andre, in SA sal hulle sommer die landdros of magistraat geskiet het of laat “uithaal” het na die verhoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.