Borgtog vir die voormalige polisiebeampte wat langer as agt minute op George Floyd se nek in die Amerikaanse deelstaat Minnesota gekniel het, is vandeesweek op ʼn stewige $1,25 miljoen (sowat R21 miljoen) vasgestel.
Derek Chauvin (44) het Maandag via ʼn regstreekse video-uitsending vir die eerste keer in ʼn hof verskyn op aanklagte van moord en strafbare manslag waarna hy terug na Minnesota se maksimumveiligheidsgevangenis in Oak Park Heights geneem is.
Volgens staatsaanklaers word die stewige borgtogbedrag toegeskryf aan die “erns van die aanklagte” asook “openbare verontwaardiging” ná Floyd se dood.
Maroela Media het vroeër berig ʼn video wat wys hoe Floyd ná sy inhegtenisneming op die grond lê en na sy asem snak terwyl Chauvin op sy nek kniel, is twee weke gelede wêreldwyd gedeel en het tot groot rassespanning in die VSA gelei.

George Floyd se doodskis word in ‘n voertuig gelaai nadat sy liggaam Maandag vir enkele ure by ʼn kerk in Houston vir openbare besigtiging beskikbaar gestel is. (Foto: AP Photo/David J. Phillip, Pool)
Chauvin sal na verwagting weer op 29 Junie in ’n hof verskyn. Die drie ander polisiebeamptes wat betrokke was by Floyd se inhegtenisneming en dood staan tereg op aanklagte dat hulle Floyd se moord aangehelp het. Al vier beamptes is kort ná die moord geskors.
ʼn Private begrafnisdiens word intussen later vandag (Dinsdag) vir Floyd in Houston in die Amerikaanse deelstaat Texas gehou. Hy sal langs sy ma, Larcenia Floyd, begrawe word. Floyd het eers in Houston gewoon voordat hy na Minneapolis verhuis het. Gedenkdienste is reeds in Minneapolis en Noord-Carolina gehou waar Floyd gebore is.

Roubeklaers staan Mandaag by George se oop doodskis in Houston. (Foto: AP Photo/David J. Phillip, Pool)
Floyd se liggaam is Maandag vir enkele ure by ʼn kerk in Houston vir openbare besigtiging beskikbaar gestel.
Die demokratiese Amerikaanse presidentskandidaat, Joe Biden, het intussen ook Floyd se familielede privaat in Houston ontmoet om sy medelye te betuig. “Hy het geluister, hulle pyn aangehoor en in hul weë gedeel,” het Benjamin Crump, woordvoerder van die Floyd-gesin, ná die ontmoeting Maandag getwiet.
Betogings oor Floyd se dood duur voort.
Bronne: The Guardian, BBC, Aljazeera
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
24 Kommentare
Die wêreld is siek en moet in die ICU opgeneem word. Dit lê op sterwe soos die linkse liberale sosialiste die saak nou dryf en pertol gee.
Time for me to be as blunt as i can be.
floyd was a criminal., NOT a south african. And no his demise was not a good way to go.
BUT, Collins was a good and honest man. A south african. Now all want to hoopla and sing crappy race songs. Even the stupid idiotic americans praying to our God to ask for forgiveness being white? What a freaking insult.
Stop worshipping criminals! !!!
En in suid afrika as jy n boer vermoor is borg net vyf duisend rand.
Sy borg is so hoog dat daar amper gesê kan word borg is nie toegestaan nie. Dis baie meer as wat die ou in ‘n jaar verdien
Dis jammer die plaasaanvalle kry nie dieselfde dekking ..