Britse LP sterf na mesaanval

Britse LP David Amess (Foto: Richard TOWNSHEND/Britse parlement/AFP)

’n Britse parlementslid is Vrydag dood nadat hy verskeie kere met ’n mes gesteek is tydens ’n geleentheid in sy plaaslike kiesafdeling in die suidooste van Engeland.

’n 25-jarige man is intussen in hegtenis geneem in verband met die moord op die 69-jarige David Amess, ’n lid van die Konserwatiewe Party.

“Ons is nie tans op soek na iemand anders in verband met hierdie voorval nie,” het die Essex -polisie gesê en bygevoeg dat die man in aanhouding is en ’n mes in sy besit gevind is.

Grant Shapps, Britse minister van vervoer, het Amess beskryf as ’n “toegewyde, bedagsame man en ’n gerespekteerde parlementslid, wat sy lewe verloor het terwyl hy die kiesers bedien het vir wie hy gedurende sy loopbaan met hart en siel gewerk het”.

Ian Duncan Smith, oudleier van die Konserwatiewe Party, het sy kommer uitgespreek oor die veiligheid van geleenthede waar LP’s of ander politieke ampsdraers met kiesers vergader.

Amess, wat sedert 1983 in die politiek was, het in die klein dorpie Leigh-on-Sea met kiesers vergader.

’n Ooggetuie, slegs geïdentifiseer as Anthony, het kort na die voorval aan die radiostasie LBC gesê dat daar talle ambulanse en gewapende polisiebeamptes op die toneel was.

Amess is nie eerste Britse LP wat tydens ’n soortgelyke voorval vermoor is nie. Jo Cox is in 2016 dood nadat sy in haar kiesafdeling geskiet en met ’n mes gesteek is in aanloop tot die Brexit-referendum.

Nog ’n Britse LP, Stephen Timms, is in 2010 verskeie kere met ’n mes gesteek tydens ’n soortgelyke geleentheid. Hy het van die aanval herstel en is steeds ’n LP.

Timms het sy ontsteltenis oor die jongste voorval uitgespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Blomme ·

Dis baie jammer. Waar is die lyfwagte dan? Ons politicians word dan omring met lyfwagte.

JohanR ·

Julle moet maak soos hier in SA waar elke minister 25 lyfwagte het wat die belastingbetaler voor betaal.

piet ·

Geld kan nie lewens koop nie. Nou kan jy sien hoekom politici so baie lyfwagte nodig het. Hul beskerming is op standaard in SA duidelik nie in Engeland nie.

Carel ·

Volksvreemde immigrante met ander ideologieë sal altyd in konflik wees met die Weste.
Britse koerante reken die 25 jarige terroris het Islamitiese Ekstremistiese bande gehad.
Die Weste het sy eie ondergang bewerkstellig met ‘n Oop Grense beleid

Dirk Mostert ·

Die moordenaar is ‘n 25-jarige genasionaliseerde Somalier. Dit kry jy van “multiculturalism”.

Jaco ·

Waarom gaan bly Moslems in nie-Moslem lande? Hulle weet dan hulle gaan ‘n kultuurskok kry: goed wat sonde in Moslemlande is, is normaal in Brittanje: eet van varkvleis, saamwoon sonder om getroud te wees, gay huwelike en en en. As ek ‘n Moslem was, sou ek nooit in sulke “sondige” lande gaan bly het nie. Waarom val dié Moslems wat in nie-Moslem lande woon, ook al die “sondaars” daar aan? Sendingwerk waar mooi gepraat word oor die Moslem geloof gaan sekerlik beter resultate hê. Dan ook, weet Moslems wat in veral Westerse lande gaan bly, dat baie, soms meeste, mense daar min of meer ateïste is wat in GEEN godsdiens belangstel nie? Christelike sendingwerk werk nie eens meer nie, so hoe sal dié ateïste dan nou die Moslem geloof aanvaar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.