Britse polisie beëindig hersiening van ondersoek na Prins Andrew

Prins Andrew is Maandag vir beweerde verkragting gedagvaar. (Foto: John Thys / AFP)

Die Metropolitaanse Polisiediens (MPS) in Brittanje het Sondag gesê dat sy hersiening van die ondersoek na die bewerings van seksuele mishandeling teen prins Andrew afgesluit is en dat geen verdere stappe oorweeg word nie.

Virginia Giuffre (37) voer aan Andrew (61) het haar seksueel aangerand toe sy 17 jaar oud en minderjarig was.

Sy het in Augustus ʼn dagvaarding kragtens die Wet op Kinderslagoffers teen prins Andrew ingedien.

Volgens Cressida Dick, hoof van die MPS, het dié polisiemag die bewerings hersien en besluit om ʼn tree in die saak terug te staan.

“Die hersiening is voltooi en daar is tot die gevolgtrekking gekom dat ons geen verdere stappe gaan doen nie,” het Dick bevestig.

Volgens Dick sal die MPS nou saam met ander wetstoepassingsagentskappe wat die ondersoek lei, werk.

Giuffre beweer sy is as minderjarige deur Amerikaanse finansier wyle Jeffrey Epstein vir seks “uitgeleen”. Hy het in 2019 sy eie lewe in ʼn tronk in New York geneem terwyl hy verhoorafwagtend op aanklagte van mensehandel was.

Giuffre voer aan Andrew het haar 20 jaar gelede seksueel mishandel by sosiale vlinder Ghislaine Maxwell se huis in Londen, asook by Epstein se huis in New York en op Little St. James, Epstein se private eiland in die Amerikaanse Maagde-eilande.

Andrew het die bewerings dat hy met Giuffre omgang gehad het ten sterkste ontken en sê hy kan glad nie onthou dat hy haar ooit ontmoet het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Adelaide ·

Tog pryk daar foto’s van julle saam. Skande, die royals is net soos ons kamerade – kom met alles weg.

Wat op dees Aarde ·

Presies. Filthy Rich het alles mooi ondersoek, so ek dink daar is meer as genoeg bewyse om haar aantygings te staaf.

Wat op dees Aarde ·

Hmmmm…. Nie net SAPS wat korrup is blyk dit my. Net omdat hy ‘n sogenaamde koninklike is, is die wet seker nie op hom vantoepassing nie.

Dries ·

Ek kan net nie verstaan hoekom wag hulle so lank voor hulle te vore kom nie. Ek gee die voordeel van die twyfel aan Andrew

Johann ·

Ek stem nogal saam Hoekom 20 jaar wag Sy was 17 toe sy beweer dit gebeur het Ek dink op 25 moes sy finaal besluit het wat sy gaan doen As die beginsel geld van Hy sê Sy sê is dit onwaarskynlik dat dit verder sal gaan

Blikkies ·

Moet my nou asb nie uithaal nie. Ek vra net?, Hoe het die vrou dan nou toegelaat om haarself oor te gee aan seksuele mishandling? soos ek verstaan op drie verskillende plekke en verskillende datums? en nie die eerste voorval al aangemeld het as sy dan ‘n tweede en derde keer ingestem het en met dieselfde oortreders. Was sy gevange gehou tussen die drie voorvalle en datums of hoe nou?

Chris dupreez ·

Aag shame, en sy is sekerlik onskuldig in die hele petalje

Niklaas ·

Wat ek nie kan begryp nie is , waarom sal twee mans wat taamlik bekend , skatryk en ook taamlik aantreklik is , soos die prins Andrew en wyle Epstein hul nou met minderjariges wil bemoei en op dun ys loop ? Hierdie is een misdaad wat hul nie maklik sou afskud nie. Beide hierdie knape kon letterlik honderde , dalks duisende volwasse dames betrek het , sonder dat daar enige beskuligings daaruit sou vloei. Vir die res van Andrew se lewe sal daar gefluister word agter sy rug met vingers wat wys in sy rigting. Dit was besonder onnosel en gruwelike foute van hierdie kêrels. En daar is talle ander soortgelyke siek indiwidië wat lesse hieruit gaan leer.

Vlooitjie ·

Ek dink nie ons verstaan “mag” soos wat hulle het nie. Everything and anything goes.

Leon ·

Aan die klomp hier wat bir Andrew aan sy ore wil ophang met niks meer as beweringe nie, watter bewyse is het julle ? Sê nou die vroumens sien hier n kans om geld te maak of miskien het sy n byltjie te slyp hogere mense. Stel jou in sy posisie as onskuldig. Geen grap nie…….ek was daar. As n behoorlike proses dan bewys hy is skuldig……..nouja dan moet hy vat wat kom. Maar om hom sommerso te veroordeel is nie reg nie.

Anoniem ·

Daar is ń HOËR GESAG wat nie sal “besluit om ʼn tree in die saak terug te staan” nie. Jy sal ná hierdie lewe, as jy nie boet vir jou oortredinge nie, in die HOOGSTE hof verhoor word.

pestilensie ·

Hoe verdedig jy jouself op so n aanklagte, jy word skuldig bevind deur publiek . Hierdie sogenaamde “onskuldige” sekswerkers staan my nie aan . Dis n keuse en se baie van hulle karakter. Soek net geld en sensasie

Belinda ·

hy se hy ken haar nie maar was op die geleenthede saam hom soos per berig?
ek haal aan: Giuffre voer aan Andrew het haar 20 jaar gelede seksueel mishandel by sosiale vlinder Ghislaine Maxwell se huis in Londen, asook by Epstein se huis in New York en op Little St. James, Epstein se private eiland in die Amerikaanse Maagde-eilande.

Dan is daar nog fotos om bewyse te staaf?
Wonders wat geld nie kan wegsteek nie né..

En nou na al die jare wil sy ook nou saak teen hom maak, maar sy het ingestem in die eerste plek om n tweede en derde keer saam hom te wees? Ek dink sy is net so skuldig soos hy, nou soek sy simpatie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.