Andrew se prokureurs daag hof se jurisdiksie

Brittanje se prins Andrew, hertog van York tydens sy pa, prins Philip, se begrafnis (17 April 2021) (Foto: Chris Jackson/Pool/AFP)

ʼn Britse hof het Woensdag ʼn versoek aanvaar van ʼn vrou, wat prins Andrew in die VSA dagvaar oor seksuele aanranding, om die hertog van York oor die saak in kennis te stel.

Virginia Guiffre voer aan prins Andrew het haar seksueel aangerand toe sy 17 jaar oud en minderjarig was.

Andrew se prokureurs sê egter die hofdokumente vir die saak in New York is nie behoorlik op hom bestel nie en hulle daag die Amerikaanse hof se jurisdiksie in die siviele saak.

Die Hooggeregshof van Engeland en Wallis in Londen het aanvanklik die aansoek deur Guiffre se prokureurs verwerp om koningin Elizabeth II se tweede seun te kontak. Die versoek is daarna aanvaar ná Guiffre se regspan “verdere inligting” verskaf het, het Brittanje se plaaslike Press Association-nuusagentskap gesê.

“Die Hooggeregshof het die versoek vir diens aanvaar kragtens die Den Haagse dienskonvensie wat lande toelaat om bewyse aan te vra in siviele of kommersiële sake,” lui die berig. “Die Hooggeregshof sal nou stappe doen om die regsproses te dien kragtens die konvensie, tensy die diens deur middel van ooreenkoms tussen die partye gereël word.”

Die hertog se prokureurs bevraagteken of hy behoorlik in kennis gestel is van die hofsaak by ʼn voorverhoor in New York vroeër vandeesweek. Die dokumente is by “die laaste adres bekend” afgelewer, by sy ma se Windsor-kasteel, maar nie in persoon aan prins Andrew nie.

Andrew is tans saam met die koningin by haar afgeleë Balmoral-landgoed in die noordooste van Skotland, aldus nuusberigte.

Guiffre eis ongespesifiseerde skadevergoeding van Andrew, wat ontken dat hy haar ooit ontmoet het en beweer ʼn fotograaf van die twee saam is moontlik gedokter.

Andrew, ʼn voormalige helikoptervlieënier vir die koninklike vloot, het laat in 2019 teruggetree van enige koninklike pligte. Dit het gevolg ná ʼn seldsame televisie-onderhoud met die BBC waar hy sy vriendskap met die finansier Jeffrey Epstein verdedig het.

Guiffre voer aan Epstein het haar “uitgeleen” vir minderjarige seks.

Epstein, wat vriendskappe aangeknoop het met ʼn rits bekendes, het sy eie lewe geneem terwyl hy verhoorafwagtend was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lorna ·

Die dat Fergie hom daai tyd gelos het om haar kinders die vernedering te spaar
Hy is so skuldig
Net my mening

Charmain ·

Sy het hom nooit gelos nie, alles net oë verblindery, hulle bly steeds saam. Prins Philip kon haar nie verdra nie en dis een van die groot redes hoekom hulle “geskei” is

Suzette ·

Dit was gebeur as jou goed jou pla – die wiel draai een of ander tyd…..

PersHeks ·

Oooeeeee Andy Baby …. jy is in die pekel oukie!! Jou “prinsdom” gaan jou nie altyd kan help nie!

Sarel ·

Nog geen skuld bewys nie so wag maar voor julke klippe gooi. O vergeet Regters & Jurie is op FB…

Charmain ·

Ek het baie empatie met n slagoffer van verkragting / human traficking maar ek kan net nie simpatie vir hierdie groepie “slagoffers” bymekaar skraap nie . Hulle was nooit teen hulle wil aangehou nie, hulle kon enige tyd weggestap het maar het verkies om, ter wille van die geld telkens terug te kom vir nog n bietjie plesier.

Pieter ·

Lyk my hy is skuldig tot hy sy eie onskuld bewys. Sover het niemand enige bewys gelewer dat hy iets aangevang het of nie aangevang het nie. Die enigste twee wat regtig weet is hy en sy. Hy het rede om te ontken, en sy het rede om dit te sê. (Sy maak miljoene) Indien die foto gedokter is versleg dit haar saak,maar indien nie beteken dit steeds nie daar het ongerymdhede plaasgevind nie. (En ek wed hy onthou nie almal saam met wie daar al ‘n foto geneem is nie. )
Ek soek bewyse watter kant toe ookal, maar dit is slegs haar woord teen syne. Die beste regspan sal wen met of sonder skuld, en die enigste wat gaan glimlag agterna is die regspanne wat geld maak.

Snowball ·

Mamma se rokspante gaan dalk nie wyd genoeg wees om dié keer agter weg te kruip nie. Hoop die lang arm van die gereg haak hom raak daar agter in sy lang belangrike bloedlyn.

Toetsie ·

“Waar daar n rokie is, is daar n vuurtjie… Hier is nou al net té veel rook rondom die paddaprins!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.