‘Dag van pyn en verlies’ ná Russiese aanval

Die skade aan Chernihiv. (Foto: Maxym Marusenko / NurPhoto / NurPhoto via AFP)

Minstens sewe mense, onder wie ’n kind, is dood en 117 ander beseer ná ’n Russiese missiel-aanval op die Oekraïense stad Chernihiv.

Dié aanval het Saterdag gevolg enkele ure nadat die Russiese president, Wladimir Poetin, met Moskou se topweermagbevelvoerders vergader het.

Die Verenigde Nasies (VN) het die aanval as “gruwelik” bestempel.

“Dit is gruwelik om die hoofplein van ’n groot stad aan te val, gedurende die oggend, terwyl mense buite stap en sommige kerk toe gaan om ’n godsdienstige dag te vier,” het Denise Brown, die VN se humanitêre koördineerder vir Oekraïne, gesê met verwysing na die Ortodokse vakansiedag van die Transfigurasie van die Here wat daartoe gelei het dat talle Oekraïners vanoggend kerkdienste in Chernihiv bygewoon het.

“Ek veroordeel hierdie herhaalde patroon van Russiese aanvalle op bevolkte gebiede van Oekraïne … Aanvalle gerig teen burgerlikes of burgerlike voorwerpe word streng verbied onder internasionale humanitêre reg,” het Brown gesê.

Chernihiv, 150 km noord van Kiëf in die rigting van Wit-Rusland, is sedert Rusland se inval van Oekraïne grotendeels groot aanvalle gespaar, aangesien die hewige gevegte in die ooste en suide woed.

Volgens die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, is ’n plein wat ’n “politegniese universiteit en ’n teater” huisves gedurende vandag se aanval getref.

“’n Gewone Saterdag, wat Rusland in ’n dag van pyn en verlies verander het,” het Zelenski vanuit Swede gesê. Hy besoek tans die Sweedse eerste minister, Ulf Kristersson.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jacques Dawie ·

Van die os op die jas, wat doen ‘die VN’ oor plaas moorde en plaas moord slagtings??? Niks nie…

andre ·

Kan Maroela ons inlig wat na die 2014 Minsk ooreenkoms met Russies sprekende inwoners van die Oekraiene gebeur het.Dan sal dit interresant wees om die geskiedenis rondom Zelensky te weet en watter rol die VSA daarin gespeel het . miskien moet n mens teruggaan na 1993 met die vrywillige opbreek van die “Warsaw Pact” en wat NATO daarna gedoen het totdat Rusland met n spesiale operasie begin het.Dit is tans n spesiale operasie met Oekraine wat n oorlog verklaar het .

Marthinus W ·

Een van die Russe se aanvalle die afgelope naweek, was op n konvensie oor onbemande moordtuie [drones]. Persoen is aangese om nie hul weermaguniforms te dra nie, sodat dit na n siviele ding lyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.