Darth Vader-akteur oorlede

Dave Prowse (Foto: Xanathon via Wikimedia Commons)

Dave Prowse, die Britse akteur agter die dreigende swart masker van die Star Wars-skobbejak Darth Vader, is oorlede, het sy agent Thomas Bowington Sondag gesê.

“Dit is met groot hartseer dat ons moet aankondig Dave Prowse is Saterdagoggend in die ouderdom van 85 oorlede,” het Bowington op Facebook gesê. “May the force be with him, altyd!”

Bowington het aan die BBC gesê Prowse se afsterwe is “werklik ʼn groot hartseer vir ons en miljoene aanhangers wêreldwyd”.

Prowse, ʼn voormalige liggaamsbouer wat toe akteur geword het, se statuur van 2 meter lank het hom dadelik die rol van die bekende antagonis in die oorspronklike Star Wars-trilogie verseker. Alhoewel hy met die glimmende swart pantsertoerusting en mantel rondgeloop het, het sy westelike Engelse aksent beteken die filmmakers moes James Earl Jones nader vir die stem wat mens agter die masker sou hoor.

Prowse het egter lojaal gebly aan die karakter en het in 2013 aan AFP gesê hy is “die grootste film-skobbejak van alle tye”.

Sedert die oorspronklike Star Wars-trilogie in die laat 1970’s en vroeë 1980’s vrygestel is, het Prowse wêreldwyd getoer om aanhangers te ontmoet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Karlahari ·

Ai tog.
So lank in die rol en mens het sy gesig nooit gesien en sy stem nooit gehoor nie…..
En nou vir altyd stil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.