Mej. Jamaika, Toni-Ann Singh, is Saterdag in Londen as die 69ste Mej. Wêreld aangewys.
Suid-Afrika se Sasha-Lee Olivier (26) is as een van die top-40-deelnemers aangewys, maar kon nie daarin slaag om na die top-12 deur te dring nie. Olivier, van Alberton aan die Oos-Rand, was die naaswenner van vanjaar se Mej. Suid-Afrika-titel.
Singh neem die leisels oor by Mej. Mexiko, Vanessa Ponce, wat in 2018 die eerste Mexikaanse vrou geword het om die kompetisie te wen.
Mej. Frankryk is as die naaswenner aangewys terwyl Mej. Indië derde was. Die ander top-vyf deelnemers was van Nigerië, Brasilië en Jamaika.
Die ander top-12-deelnemers was van die Cook-eilande, Rusland, Viëtnam, Filippyne, Nepal, Mexiko en Kenia.
Rolene Strauss (2014), Anneline Kriel (1974) en Penny Coelen (1958) het al die Mej. Wêreld-kroon vir Suid-Afrika gedra.
Mej. Suid-Afrika, Zozibini Tunzi, is Maandagoggend (SA tyd) as die nuwe Mej. Heelal gekroon. Die 26-jarige Tunzi het in Atlanta, Georgia, teen verteenwoordigers van 91 ander lande meegeding om die gesogte Mej. Heelal-titel.
Demi-Leigh Nel-Peters is in 2017 in Las Vegas as Mej. Heelal gekroon, terwyl Mej. SA 2018, Tamaryn Green, verlede jaar as naaswenner in dié kompetisie aangewys is. Tunzi is die derde Suid-Afrikaner om die kroon te wen nadat Margaret Gardiner dit in 1978 gedoen het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Is 2019 dan nou die regstellende aksie jaar? Vra namens n vriend…
Ek het nogal gekyk. Die wenner is oulik, maar beslis nie die mooiste nie. Mej Indie het kop en skouers uitgestaan in alle opsigte volgens my mening.
Wat me Heelal aanbetref. Ek is bly vir haar, maar ook verstom. Dis al wat ek kan se.
Niksseggende kompetisie met wenners wat niks beteken nie…. wonder wat die feministe nou sê!
Die boudebasaar laat my koud.
Geld praat