Die week in foto’s

Brasilië: Golwe breek op ʼn oorstroomde straat in Porto Alegre. Die staat Rio Grande do Sul is deur ʼn sikloon getref wat die stede Mucum en Roca Sales aan die begin van September beskadig het. Die tropiese sikloon het storms vererger en oorstromings in verskeie stede in die staat in die suide van Brasilië tot gevolg gehad. (Foto: Silvio Avila/AFP)

Chili: ʼn Blik op die Villarrica-vulkaan van Villarrica, sowat 800 km vanaf Santiago. Villarrica is een van die aktiefste vulkane in Suid-Amerika. (Foto: Sebastian Escobar/AFP)

China: Kong Yong Mi van Suid-Korea ding mee met Hsieh kaylin Sin Yan (links) van Hongkong in die eindstryd van die vroue-epee-span se skermwedstryd. Dit het plaasgevind tydens die Asiese Spele in Hangzhou, in die oostelike Zhejiang-provinsie in China. (Foto: Wang Zha/AFP)

Frankryk: Santiago Arata, Uruguay se skrumskakel, duik oor die lyn om ʼn drie te druk teen Namibië tydens die Wêreldbeker-rugbytoernooi in die OL-stadion in Lyon. (Foto: Jeff Pachoud/AFP)

Kazachstan: Hierdie uitdeelfoto wys hoe Frank Rubio, ʼn Ekspedisie 69 Nasa-ruimtevaarder en ʼn bemanningslid van die Internasionale Ruimtestasie (ISS), deur spesialiste gehelp word ná sy landing in die Soyuz MS-23-kapsule in ʼn afgeleë gebied naby die dorp Dzhezkazgan. Drie ruimtevaarders het teruggekeer aarde toe nadat hulle 371 dae in die ruimte deurgebring het as lede van Ekspedisies 68-69 aan boord van die Internasionale Ruimtestasie. Rubio het die langste enkele ruimtevlug deur ʼn Amerikaanse ruimtevaarder in die geskiedenis onderneem. (Foto: Handout/Roscosmos/AFP)

Spanje: El Corazon Secreto (Die geheime hart), ʼn kunsuitstalling deur die Spaanse kunstenaar Jaume Plensa, is op 28 September by ʼn hospitaalkliniek in Barcelona vertoon ter viering van Wêreldhartdag. (Foto: Josep Lago/AFP)

Griekeland: ʼn Inwoner stap verby ʼn motor wat gedeeltelik in modder begrawe is nadat die storm Elias die streek in Agria, sentraal-Griekeland, Woensdagaand getref het. Honderde mense is dwars deur die nag en vroeg die oggend van 28 September uit oorstromings in Griekeland gered. Dié oorstromings volg enkele weke nadat minstens 17 mense in oorstromings weens ʼn vorige storm dood is. Die brandweerdiens het gesê hulle het meer as 250 mense in die sentrale stad Volos bygestaan. ʼn Aandklokreël is op 27 September afgekondig toe die storm Elias die land getref het. (Foto: Angelos Tzortzinis/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ES ·

Ek sal myself nooit in so nou spasie kan indruk en aarde toe ploeter soos die ruimtevaarders nie… ek het skoon hoendervleis as ek daarna kyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.