Die week in foto’s

Griekeland: ʼn Man beskerm sy seun, terwyl betogers weghardloop van traangas wat deur die onlustepolisie gespuit word. Die betoging was ter ondersteuning van Palestyne, buite die Israeliese ambassade in Athene. (Foto: Angelos Tzortzinis/AFP)

Chili: ʼn Duiker oefen in die swembad by ʼn akwatiese sentrum in die nasionale stadion-sportpark, in Santiago, voor vanjaar se Pan-Amerikaanse Spele. Die Pan-Amerikaanse Spele sal van 20 Oktober tot 5 November in Santiago plaasvind. (Foto: Martin Bernetti/AFP)

Palestynse gebiede: Mense reageer histeries terwyl Palestynse lede van burgerlike verdediging en ander mense na oorlewendes soek, ná ʼn Israeliese lugaanval in Khan Yunis in die suidelike deel van die Gaza-strook. Die oorlog tussen Israel en Gaza duur al twee weke lank. (Foto: Mahmud Hams/AFP)

Brasilië: Die Brasiliaanse danser Dyhan Cardoso dans op 3 Oktober by die Aglomerado da Serra-favela in Belo Horizonte. Die talentvolle 19-jarige danser is gekies om by die Amerikaanse dansgroep Atlanta Ballet in die staat Georgia aan te sluit. (Foto: Douglas Magno/AFP)

Indië: Die sekelmaan kom op oor die Thajiwas-bergreeks in die Sonmarg-omgewing van die Ganderbal-distrik. (Foto: Muzamil Mattoo/NurPhoto/AFP)

Suid-Korea: Lede van Suid-Korea se Black Eagle-kunsvliegspan skou hul vliegtuie by die internasionale lugvaart-en-verdediginguitstalling, suid van Seoel. (Foto: Anthony Wallace/AFP)

VSA: Die Amerikaanse branderplankryer Albee Layer ry ʼn golf uit terwyl ʼn groot deining aan die noordkus van die eiland Maui in Hawaii breek. (Foto: Brian Bielmann/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.