Die week in foto’s

Griekeland: Die volmaan kom op 1 Augustus agter die antieke tempel van Poseidon in Kaap Sounion, suid van Athene, op. (Foto: Aris Messinis/AFP)

Indonesië: Hierdie foto wys hoe die berg Merapi lawa uitspoeg, soos van Sleman af gesien. (Foto deur Devi Rahman/AFP)

China: ’n Man kyk na ’n beskadigde motor ná swaar reën in die Fangshan-distrik in Beijing. Minstens 11 mense is dood en 13 word vermis nadat swaar reën Beijing getref het. Paaie en woonbuurte het in die proses oorstroom. (Foto deur Pedro Pardo/AFP)

Verenigde Staat: Die Mojave Nasionale Bewaringsreservaat is aan die brand nadat die Crane Valley Hotshots voorbrande gemaak het. Die York-brand het meer as 70 000 hektaar vernietig, waaronder Josua-bome en yucca in die bewaringsgebied. (Foto deur David Swanson/AFP)

Thailand: Mense verkyk hulle aan verwoeste huise ná ’n ontploffing by ’n vuurwerkpakhuis. Nege mense is dood en meer as ʼn 100 beseer tydens die voorval wat op 29 Julie in die Sungai Kolok-distrik in die suidelike Thai-provinsie van Narathiwat plaasgevind het. (Foto deur Madaree Tohlala/AFP)

Turkye: ’n Betoger bied weerstand teen die Turkse polisie tydens vandeesweek se opstande by Ikizkoy in die Milas-distrik van die provinsie Mugla. Plaaslike inwoners en omgewingsaktiviste betoog al dae lank teen die ontbossingsprojek, wat tot botsings met die Turkse gendarmerie gelei het. (Foto deur Bulent Kilic/AFP)

Israel: Betogers hou nasionale vlae en baniere omhoog terwyl hulle teen die Israeliese regering se plan vir geregtelike hervorming in Tel Aviv betoog. (Foto deur Jack Guez/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.