Die wêreld in foto’s – 1 Augustus 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Renée Zellweger daag op by die 2019 toekenningsbanket van die Hollywood- buitelandse persvereniging by die Beverly Wilshire in Beverly Hills. (Foto: Jordan Strauss, AP)

ʼn Man dra sy besittings deur ʼn oorstroomde straat ná afloop van die swaar reën wat die Indiese Srinagar-beheerde Kasjmir gekry het. (Foto: Dar Yasin, AP)

Lede van Colombia se sierswemspan neem deel aan die vrye roetine-item by die Pan American- spele in Lima, Peru. (Foto: Moises Castillo, AP)

Die silhoeët van ʼn skuur tydens ʼn donderstorm naby Tonganoxie in Kanada. (Foto: Charlie Riedel, AP)

Elvis Andrus (links) en Rougned Odor (regs) van die Texas Rangers vier hul span se oorwinning van 9-7 oor die Seattle Mariners tydens ʼn bofbalwedstryd in Arlington, Texas. (Foto: Tony Gutierrez, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae