Die wêreld in foto’s – 1 Julie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het prins Charles plaasdiere wat inheems aan Brittanje is by die Cotswold-plaaspark in Guiting Power besoek om die aandag te vestig op boere se werk om dié diere te bewaar.

Só lyk Brittanje se inheemse plaasdiere.

Prins Charles kyk na ʼn Gloucestershire Old Spot-vark wat saam met haar babavarkies water drink. (Foto: Kirsty Wigglesworth/pool, AP)

ʼn Boerbok by die Cotswold-plaaspark in Guiting Power, Engeland. (Foto: Kirsty Wigglesworth/pool, AP)

ʼn Gloucestershire Old Spot-vark en haar babavarkies by die Cotswold-plaaspark in Engeland. (Foto: Kirsty Wigglesworth/pool, AP)

Adam Henson, ʼn boer en televisiepersoonlikheid, groet prins Charles met sy aankoms by die Cotswold-plaaspark. (Foto: Kirsty Wigglesworth/pool, AP)

Prins Charles ontmoet Victoria, ʼn Suffolk Punch-perd. (Foto: Kirsty Wigglesworth/pool, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.