Die wêreld in foto’s – 10 Julie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die Londense Tower het Vrydag vir die publiek heropen nadat dit weens die Covid-19-pandemie gesluit was. Die wagte het die heropening van dié toeristeaantreklikheid met ʼn amptelike seremonie gevier.

ʼn Koninklike lyfwag praat met ʼn besoeker by die Londense Tower. (Foto: Matt Dunham, AP)

Die hoof koninklike lyfwag maak gereed om besoekers by die Londense Tower in te laat. (Foto: Matt Dunham, AP)

Koninklike lyfwagte en wagte marsjeer na die hoofingang van die Londense Tower. (Foto: Matt Dunham, AP)

Koninklike lyfwagte en wagte staan in formasie tydens die amptelike valbrug-seremonie by die Londense Tower. (Foto: Matt Dunham, AP)

Koninklike lyfwagte maak die hekke oop terwyl die valbrug laat sak word. (Foto: Matt Dunham, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.