Die wêreld in foto’s – 11 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Rajesh Gopinathan, die uitvoerende hoof van Tata Consultancy Services, praat tydens ‘n mediakonferensie oor dié maatskappy se Q2-resultate in Mumbai, Indië. TCS is Indië se grootste sagteware-diensmaatskappy. (Foto: Rajanish Kakade, AP)

Suid-Soedanese en Keniaanse aktiviste betoog Donderdag teen Suid-Soedanese amptenare wat na bewering voordeel trek uit die burgeroorlog en geldwassery deur Keniaanse banke in die middestad van Nairobi, Kenia. (Foto: Brian Inganga, AP)

‘n Kind sit Donderdag in ‘n boom terwyl sy saam met haar vriende in die dorp Naddi in Dharmsala, Indië, speel. (Foto: Ashwini Bhatia, AP)

Die pianis Lang Lang betower ’n gehoor by ’n gala-aand in New York om geld in te samel vir musiekopleiding in Amerika en China. Lang Lang het byna $1,6 miljoen tydens dié gala ingesamel tydens die tiende herdenking van die Lang Lang Internationale Musiekstigting. (Foto: Wang Ying, Xinhua)

Die Romeinse aanklaer Michele Prestipino Giarritta maak Donderdag gereed vir ’n mediakonferensie by die hoofkantoor van die polisie vir finansiële misdade in Rome. (Foto: Alessandra Tarantino, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.