Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Jianyun Jin van China, en sy medebestuurder en landgenoot, Wenke Ma, jaag hul Buggy tydens fase agt van die Dakar-tydren in Wadi Al Dawasir, Saoedi-Arabië. (Foto: Bernat Armangue, AP)

Motoriste ry deur digte mis in ’n woud in die Taunus-streek naby Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Inwoners van Tagaytay, Cavite-provinsie in die Filippyne, loop deur ’n wolk van as. ʼn Vulkaan dreig al die afgelope twee dae om in die gebied uit te bars. (Foto: Aaron Favila, AP)