Die wêreld in foto’s – 13 Julie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag:

Te midde van die Covid-19-pandemie het joernaliste die strate van Rusland ingevaar in protes teen Ivan Safronof, ʼn voormalige joernalis, se arrestasie.

Safronof, wat as adviseur vir die direkteur van die Russiese Roskosmos-staatskorporasie vir ruimteaktiwiteite gewerk het, is in die tronk omdat hy militêre geheime aan die Tsjeggiese-intelligensie sou verskaf het.

Safronof het glo voordat hy as adviseur vir Roskosmos gewerk het oor militêre en veiligheidskwessies geskryf.

ʼn Betoger word deur polisiebeamptes vasgekeer tydens ʼn byeenkoms ter ondersteuning van Safronov in Moskou. (Foto: Alexander Zemlianichenko, AP)

Joernaliste trek saam naby die Lefortowo-tronk in Moskou, Rusland. (Foto: Alexander Zemlianichenko, AP)

ʼn Joernalis met ʼn T-hemp aan wat lees ‘Vryheid vir Safronof’ tydens ʼn byeenkoms naby die tronk waarin Safronof gevange gehou word. (Foto: Alexander Zemlianichenko, AP)

Polisiebeamptes arresteer ʼn joernalis van die Kommersant-koerant met ʼn T-hemp aan wat lees ‘Vryheid vir Safronof’ tydens ʼn byeenkoms ter ondersteuning van Safronof in Moskou. (Foto: Pavel Golovkin, AP)

Polisiebeamptes arresteer die redakteur van die Kholod-internettydskrif tydens ʼn byeenkoms ter ondersteuning van Safronof. (Foto: Alexander Zemlianichenko, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.