Die wêreld in foto’s – 13 September 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Pro-China betogers waai China se nasionale vlag in ʼn winkelsentrum in Hongkong. Protesverwante aktiwiteite gaan na verwagting tot Vrydag voortduur, wanneer Chinese die Midherfsfees met lanterns en maankoekies vier. (Foto: Vincent Yu, AP)

ʼn Model in ʼn uitrusting van die Mark Fast-versameling by die Lente/Somer 2020-modeweek in Londen. (Foto: Vianney Le Caer, AP)

Aktrise Margot Robbie staan vir ʼn foto by die bekendstelling van die Gabrielle Chanel Essence-parfuum by die Chateau Marmont in Los Angeles. (Foto: Chris Pizzello, AP)

Washington Nationals se Yan Gomes (regs) in aksie teen Minnesota Twins se Willians Astudillo tydens die tweede beurt van ʼn bofbalwedstryd in Minneapolis. (Foto: Jim Mone, AP)

ʼn Man op ʼn fiets in ʼn straat in Parys. Parys se metro het waarskuwings van vervoerchaos weens ʼn groot staking uitgereik. (Foto: Thibault Camus, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Attie. ·

Maroela, baie dankie vir die artikel oor Finbond Platinum. Ek was vroeer by Boland Bank, en het daarna outomaties gedaal na Boe en daarna verder geval na Nedbank toe. Ek verlang steeds na Boland bank al is ek ‘n Transvaler. Dalk is Finbond in die plek van my geliefde ou bank want as ek reg kan onthou was Boland bank se hoofkantoor ook in Somerset Wes. Finbond…hier kom ek….in suiwer Afrikaans.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.