Die wêreld in foto’s – 15 Julie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Spanje se Alejandro Valverde waai vir toeskouers net voor die tiende skof van die Tour de France-fietswedren van meer as 217 km. Hierdie fietswedren skop in Saint-Flour af en eindig in Albi, Frankryk. (Foto: Christophe Ena, AP)

Frankryk se swemspan neem deel aan die Wêreldswemkampioenskap in Gwangju, Suid-Korea. (Foto: Mark Baker, AP)

ʼn Vloed in Oos-Gauhati, Indië, het tot die dood van meer as 12 mense gelei met meer as ʼn halfmiljoen mense wat geraak word. Hier speel ʼn seun in die Katahguri-nedersetting langs die Brahmaputra-rivier. (Foto: Anupam Nath, AP)

Engeland se kaptein, Eoin Morgan, word met sjampanje gespuit ná sy span se oorwinning teen Nieu-Seeland tydens die eindstryd van die Krieketwêreldbeker op Lord’s in Londen. (Foto: Matt Dunham, AP)

Duisende mense, onder wie immigrante en ondersteuners, tydens ʼn optog van Daley Plaza na die kantoor vir immigrasie en doeane-handhawing in Chicago. Hulle betoog teen pres. Donald Trump se immigrasiebeleid, veral teen die aanhouding van kinders. (Foto: Abel Uribe, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.