Die wêreld in foto’s – 16 Maart 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het dorpe in talle lande in spookdorpe verander. Só lyk die wêreld nadat die virus burgers sowel as besoekers die skrik op die lyf gejaag het.

ʼn Standbeeld is die enigste toeskouer by die Mexikaanse sokkerliga-wedstryd tussen Amerika en Cruz Azul in die Azteca-stadion in Mexikostad. (Foto: Eduardo Verdugo, AP)

Die Charles-brug in Praag in die Tsjeggiese Republiek is leeg nadat die regering dié land onder kwarantyn geplaas het ná Covid-19 hier uitgebreek het. (Foto: Petr David Josek, AP)

ʼn Enkele persoon loop deur ʼn leë laan in Hadera, Israel. (Foto: Ariel Schalit, AP)

ʼn Man loop al langs die promenade in Beiroet, Libanon, voordat polisiemanne hom beveel om dit te verlaat. (Foto: Hassan Ammar, AP)

Disneyland Parys in Marne La Vallee se deure is tydelik gesluit. (Foto: Rafael Yaghobzadeh, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Niel ·

julle moet die fotos sien van die lugbesoedeling voor/na al die beperkings op transport en al daai verskillende vervoer. vuil lug bo china is skoon. verstommend ook hoe bietjie inperking ‘n verskil kan maak aan die natuur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.