Die wêreld in foto’s – 2 April 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het mense wêreldwyd paniekbevange geraak weens dié virus. Te midde hiervan het die veiligheidsmagte van Indië die geleentheid gebruik om bewustheid te skep oor dié virus. Só lyk die kreatiewe eindproduk.

ʼn Polisiebeampte met helms wat lyk soos die koronavirus wat Covid-19 veroorsaak tydens ʼn bewusmakingsveldtog in Hyderabad, Indië. (Foto: Mahesh Kumar A., AP)

Polisiebeamptes met “virus”-helms op motorfietse in die strate van Hyderabad in Indië. (Foto: Mahesh Kumar A., AP)

Polisiebeamptes in Hyderabad, Indië, gebruik “virus”-helms as deel van ʼn bewusmakingsveldtog om die verspreiding van dié virus te voorkom. (Foto: Mahesh Kumar A, AP)

Berede polisiebeamptes tydens ʼn bewusmakingsveldtog omtrent Covid-19 in Hyderabad, Indië. (Foto: Mahesh Kumar A., AP)

ʼn Polisiebeampte met ʼn “virus”-helm tydens ʼn bewusmakingsveldtog met betrekking tot die nuwe koronavirus in Hyderabad, Indië. (Foto: Mahesh Kumar A., AP)

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

NamaquaPiet ·

Dit laat my dink aan die ou gesegde:”dit vat ‘n man op ‘n perd”…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.