Die wêreld in foto’s – 2 Maart 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Betoger hou ʼn plakkaat vas wat lui “Die mense wil die owerheid tot ʼn val bring” tydens ʼn betoging in Bagdad, Irak. Die aangewese premier van Irak het Sondagaand sy onttrekking uit die pos aangekondig wat die politieke stilstand in die land verleng te midde van ekonomiese, gesondheids- en sekuriteitsuitdagings. (Foto: Khalid Mohammed, AP)

ʼn Vrou hardloop voor sonop in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Lede van die Indiese Kongresparty steek ʼn afbeelding van Amit Shah, dié land se minister van binnelandse sake, aan die brand tydens ʼn betoging oor die dodelike onluste in Nieu-Delhi. (Foto: Manish Swarup, AP)

ʼn Toeris met ʼn gesigmasker tydens ʼn besoek aan Buckingham-paleis in Londen. Boris Johnson, die Britse premier, het Sondag gesê hy is vol vertroue dat Brittanje se nasionale gesondheidsdiens die koronavirus, oftewel Covid-19, kan beveg. (Foto: Frank Augstein, AP)

Die Jordaniese erewag staan voor die koninklike paleis in Amman. (Foto: Raad Adayleh, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.