Die wêreld in foto’s – 20 Mei 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het indiwidue wêreldwyd hul persoonlike higiëne opgeskerp. Terselfdertyd het dié virus die konsep van persoonlike ruimte ingrypend herdefinieer.

In ʼn poging om die verspreiding van die virus hok te slaan, het skole in Suid-Korea nuwe maatreëls ingestel vir die handhawing van sosiale afstand tydens skoolure.

Só lyk die nuwe normale standaard vir skoolgaande leerders.

Senior studente sit agter plastiekafskortings by Jeonmin Hoërskool in Daejeon, Suid-Korea. (Foto: Kim Jun-beom/Yonhap, AP)

Studente wag vir ʼn klas om te begin by Jeonmin Hoërskool in Daejeon, Suid-Korea. (Foto: Kim Jun-beom/Yonhap, AP)

Senior studente eet middagete by tafels met plastiekafskortings in Daejeon, Suid-Korea. (Foto: Kim Jun-beom/Yonhap, AP)

Senior studente handhaaf ʼn veilige afstand van mekaar met hul aankoms by Hamwol Hoërskool in Ulsan, Suid-Korea. (Foto: Kim Yong-tae/Yonhap, AP)

Senior studente sit agter plastiekafskortings by Jeonmin Hoërskool in Daejeon, Suid-Korea. (Foto: Kim Jun-beom/Yonhap, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Maryna ·

Die plastiek omhulsels is n goeie idee. Sal graag wou dien dat ona skole dit doen

Fae Fubar ·

Individue. Ek het onlangs ‘n reeks foto’s gesien van vyfjariges iewers in Asië. Elkeen dra ‘n kartonhoedjie met ‘n gleuf in die bokant daarvan. En deur die gleuf is ‘n karton “liniaal”, byna soos ‘n helikopterlem, wat ongeveer ‘n halwe meter aan weerskante van die hoedjie uitsteek. Ek neem aan dat, sodra jy en jou klasmaatjie se “lemme” bots, julle te na aan mekaar is. Oulike idee vir kleuterskole.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.