Die wêreld in foto’s – 21 April 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het mense wêreldwyd in afsondering gegaan terwyl noodsaaklike dienste en mediese personeel dié wêreldwye pandemie beveg.

Te midde van die veeleisende omstandighede het landsburgers in Brittanje noodsaaklike personeel bedank vir hul pogings in die stryd teen Covid-19. Dié toejuiging vind weekliks reg oor Brittanje plaas om noodsaaklike dienste-werkers, wat dié land aan die gang hou tydens die algehele landswye afsondering, te bedank.

Paramedici, polisiebeamptes en brandweermanne in Londen neem deel aan die weeklikse landswye bedanking van die Nasionale Gesondheidsdiens. (Foto: Matt Dunham, AP)

ʼn Vrou staan op haar balkon met plakkate ter ondersteuning van die Nasionale Gesondheidsdiens (NHS) naby die Chelsea- en die Westminster-hospitaal in Londen. (Foto: Alberto Pezzali, AP)

Reddingsbote dryf op die Teemsrivier in Londen terwyl noodsaaklike dienste-personeel deelneem aan die weeklikse landswye bedanking van die Nasionale Gesondheidsdiens. (Foto: Matt Dunham, AP)

Militêre personeel klap hande by die Wellington-barakke in Londen. (Foto: Victoria Jones, AP)

ʼn Skare buite die Chelsea- en die Westminster-hospitaal in Londen vereer die Nasionale Gesondheidsdiens. (Foto: Alberto Pezzali, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Charles ·

Suid-Afrika is ʼn pragtige land! Hoekom verskyn daar ook nie somtyds fotos van Suid-Afrika onder die “Wêreld in Fotos” nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.