Die wêreld in foto’s – 22 Julie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Brandweerwa is na die Chinese konsulaat in die VSA ontbied ná gerugte van ʼn brand. Volgens ooggetuies het mense papiere in asblikke gebrand. Dit volg nadat die VSA China aangeraai het om sy konsulaat in Houston te sluit. (Foto: David J. Phillip, AP)

Johnny Depp dagvaar die mediagroep News Group Newspapers wat The Sun uitgee, asook die koerant se redakteur, oor ʼn artikel wat hulle in April 2018 geplaas het waarin Depp ʼn “vroueslaner” genoem is. Depp ontken alle bewerings teen hom. (Foto: Frank Augstein, AP)

Besoekers neem foto’s van die nasionale museum van Korea in Seoel, Suid-Korea. Die museum het Woensdag vir besoekers heropen. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Die San Francisco Giants se gelukbringer hou ʼn plakkaat vas tydens ʼn bofbalwedstryd tussen die Giants en die Oakland Athletics. (Foto: Jeff Chiu, AP)

Betogers skreeu slagspreuke tydens ʼn protesoptog teen Benjamin Netanyahu, Israel se premier, voor die parlement in Jerusalem. (Foto: Ariel Schalit, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.