Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Dansers van die Estacio de Sa-sambaskool paradeer tydens die karnavalviering by die Sambadrome in Rio de Janeiro, Brasilië. (Foto: Leo Correa, AP)

ʼn Aktivis van die Kommunistiese Party van Indië hou ʼn banier vas tydens ʼn protesoptog teen die besoek van die Amerikaanse president, Donald Trump, in Nieu-Delhi, Indië. Die Indiese premier, Narendra Modi, het reeds meer as $14 miljoen bestee om die president en eerste dame, Melania Trump, te beïndruk. (Foto: Manish Swarup, AP)

Kamele staan op aandag terwyl pres. Donald Trump van Amerika en premier Narendra Modi van Indië by die “Namaste Trump”-geleentheid by die Sardar Patel-stadion in Ahmedabad, Indië, aankom. (Foto: Alex Brandon, AP)

ʼn Betoger hou ʼn bordjie vas wat lui “Vryheid vir Julian Assange” in protes teen Assange, stigter van Wikileaks, se uitlewering. Assange het Maandag in die Belmarsh-landdroshof in Londen verskyn. Die Wikileaks-stigter het in 2010 die Amerikaanse regering in rep en roer gehad nadat hy geklassifiseerde militêre dokumente gepubliseer het. (Foto: Matt Dunham, AP)