Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag:
Te midde van die Covid-19-pandemie het onluste in Indië uitgebreek ná botsings oor ʼn grensgeskil tussen Chinese en Indiese militêre magte in die Himalajas ontstaan het. Betogers het in Ahmedabad, Indië, produkte wat in China vervaardig is, stukkend geslaan en baniere waarop pres. Xi Jinping se gesig vertoon word, opgeskeur.
Die jare lange grensgeskil het gewelddadig geraak nadat Chinese soldate na bewering op drie verskillende punte die grens in Ladakh oorgesteek en verbale waarskuwings om die gebied te verlaat, geïgnoreer het. Volgens Indië het dié twee magte mekaar met vuiste en klippe aangeval waarna 20 Indiese soldate weens hul beserings omgekom het.
Sedertdien het albei partye se militêre bevelvoerders ooreengekom om hul magte uit die gebied te onttrek.

Betogers hou baniere vas met pres. Xi Jinping se gesig daarop tydens ʼn protesoptog in Indië. (Foto: Ajit Solanki, AP)

Betogers skeur ʼn banier waarop pres. Xi Jinping van China se gesig pryk middeldeur. (Foto: Ajit Solanki, AP)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Dit kan baie lelik word as die 2 mekaar oor n belaglike grensgeskil pak.
Lyk my china maak vyande orals.