Die wêreld in foto’s – 27 Maart 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het mense wêreldwyd tuisgemaakte mediese gesigsmaskers begin maak in ʼn poging om die verspreiding van die virus hok te slaan. So lyk dié broodnodige maskers.

Mense koop tuisgemaakte gesigsmaskers wat vir 20 peso stuk verkoop word in Meksiko-stad. (Foto: Rebecca Blackwell)

ʼn Man dra ʼn tuisgemaakte gesigsmasker in Caracas, Venezuela, as ʼn voorkomende maatreël teen Covid-19. (Foto: Ariana Cubillos, AP)

Vrywilligers van die Rooikruis sorteer tuisgemaakte gesigsmaskers wat gesteriliseer en versprei gaan word na diegene in nood in Praag in die Tsjeggiese Republiek. (Foto: Petr David Josek, AP)

ʼn Vrou maak lapmaskers in haar ma se sitkamer in Greer in die Amerikaanse deelstaat Suid-Karolina. Dié tuisgemaakte gesigsmaskers gaan na mediese personeel gestuur word. (Foto: Christina Hunter, AP)

ʼn Vrou maak gesigsmaskers in ʼn meubelfabriek in Eldoradopark in Johannesburg. (Foto: Shiraaz Mohamed, AP)

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Realis Thailand ·

Kyk op You Tube
Daar is verskeie gesigsmaskers wat n mens kan maak van n papier handoek en n rekkie aan elke kant en die is dikker as die wat jy koop en gaan jou so te se niks kos nie
Jy kan die gekoopte maskers ook in Jik ontsmet en weer gebruik so een koppie Jik op n liter water is meer as sterk genoeg. Doop dit net in en moet nie vryf nie en laat natuurlik droogword
Ek het gelukkig n klomp NV95 maskers en handskoene wat ek gebruik as ek die avo en Mangoe bome spuit
Ek woon op n klein plaas in Thailand hopelik ver van die pes af
Alles van die beste daar in die verre SA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.