Die wêreld in foto’s – 27 Mei 2019

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Denemarke se Caroline Wozniacki kap die klei van haar skoene af gedurende die eerste ronde van die Franse Ope tennistoernooi teen Rusland se Veronika Kudermetova by die Roland Garros-stadion in Parys. (Foto: Pavel Golovkin, AP)

ʼn Hommelby vlieg na ʼn papawerblom in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Kasjmirse Moslems bid in die vroeë oggendure by die Hazratbal-altaar in Srinagar, Kasjmir, gedurende spesiale gebedstyd om die martelaarskap van Hazrat Ali, neef van die profeet Mohammed, te gedenk. Die fees val saam met die 21ste dag van die Islamitiese heilige maand van Ramadan waar toegewyde Moslems hulle vir ʼn maand lank weerhou van eet, drink en rook van sonsopkoms tot sonsondergang. (Foto: Mukhtar Khan, AP)

President Donald Trump stel ʼn heildronk in saam met Japannese keiser Naruhito gedurende ʼn staatsbanket by die Imperial-paleis in Tokio. (Foto: Evan Vucci, AP)

NAVO-troepe staan en wag tydens die gradeplegtigheidseremonie van soldate van die Afghaanse Nasionale Weermag na die afloop van ʼn drie maande lange opleidingsprogram by die Afghaanse Militêre Akademie in Kaboel, Afghanistan. (Foto: Rahmat Gul, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.