Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het sy tak Maandag in Alberton, Gauteng gesluit ná ʼn brand op die eerste verdieping uitgebreek het.
Lees meerAlles vir Maandag 27 Mei 2019
Polisie op soek na ‘Undercover Billionares”
Die Valke se eenheid wat ernstige handelsmisdaad ondersoek, het lasbriewe bekom vir die inhegtenisneming van die uitvoerende hoofde van Undercover Billionaires in verband met ʼn onwettige multimiljoen rand se beleggingskema.
Zim-boer weer in hof oor grondonteiening
ʼn Boer van Zimbabwe sal in die hof verskyn omdat hy glo versuim het om deel van sy plaas te ontruim om plek te maak vir die seun van die minister van Manicaland- provinsiale sake, Ellen Gwaradzimba.
Sewe op Kaapse Vlakte doodgeskiet
Die Wes-Kaapse polisie het ʼn taakspan aangestel ná ʼn reeks skietvoorvalle Sondag en Maandagoggend vroeg in Khayelitsha, Nyanga en Samora Machel, waartydens sewe persone dood is.
Mabuza maak die lewe vir Ramaphosa moeilik
Pres. Cyril Ramaphosa is besig om op die harde manier te leer hoe Bisantyns-geslepe die binnepolitiek van die ANC is – jy sien tans net lemme flits en die een met die hef in die hand is adjunkpresident David Mabuza.
‘Moorde en aanvalle regverdig spesialis-eenhede’
“Daar is ‘n dringende behoefte aan spesialis-eenhede soos die vorige moord-en roofeenheid en ʼn eenheid teen plaasaanvalle, om misdaad te bestry.”
‘Roof nie motief vir jongmense se skietdood,’ sê Bolhuis
ʼn Span van Mike Bolhuis se private speurdiens stel ondersoek in na die koelbloedige moord op twee jongmense wat Sondag op Putfonteinweg in Benoni doodgeskiet is toe hulle sonder brandstof gaan staan het.
ToekomsVenster: Jesus voor Pilatus
Die oënskynlike weerloosheid van Jesus tref ʼn mens.
Hoewe-aanval: Ma, seun met panga en staalpyp aangerand
“Ek was eerste op die toneel en het my broer gevind waar hy met ʼn emmer oor sy kop naby die hoofingang van die hoewe gelê het.”
Oupa neem eie lewe ná bewering van verkragting
ʼn Drie‑en-sestigjarige man van Ventersburg in die Vrystaat wat daarvan beskuldig is dat hy sy 14-jarige kleindogter verkrag en sodoende swanger gemaak het, het Sondag vermoedelik sy eie lewe geneem.
Polokwane-ma se moordenaar gevonnis
Maela is verlede week skuldig bevind aan die moord op Tanya Wiers, ’n geliefde inwoner van Polokwane.
Staatsdiens wag op die kaptein wyl Cyril talm
Navrae aan ingeligtes in die presidensie het vandag die erkenning gebaar dat daar geen politikus in beheer van of aanspreeklik vir die staatsdiens is solank daar nie ’n kabinet is nie.
Moedig jou kinders só aan om te spaar
Ochse het die volgende wenke vir ouers wat hulle kinders wil aanmoedig om te spaar:
Massmart se plaaslike sake lyk troebel
Die Suid-Afrikaanse kleinhandelreus Massmart Holdings bly in die moeras. Die maatskappy het die afgelope week sowat 30% van sy markwaarde verkoop nadat hy gewaarsku het dat sy tussenwins met tot 50% kan daal.
Ouers vas ná babas doodbrand
Die seuntjies was ten tyde van die voorval alleen in die woning.
Radiostasie vra gemeenskap se hulp ná inbraak
“Hulle het alles omgekeer. Dit was chaos.”
Talle dood in reusebotsing op N3
Verskeie nooddienste is steeds op die toneel waar minstens vier vragmotors en vier ligte voertuie in die botsing betrokke was.
Die wêreld in foto’s – 27 Mei 2019
Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
EU-verkiesing bevestig politieke diversiteit van Europa
Waarheen nou met Europa? Die boodskap wat kiesers die afgelope week aan die Europese Unie gestuur het, is dat een enkele politieke tendens in Europa nie bestaan nie en dat ʼn enkele politieke strategie vir die hele Europa eerder teenstand sal geniet.
Wen: Jo Black, Albie Morkel span kragte saam vir sport en vermaak
Kaartjies vir die openingsgeleentheid van Jo Black en Albie Morkel se nuwe sport- en vermaaksentrum in Montana Park het binne etlike ure uitverkoop. ʼn Gelukkige Maroela Media-leser kan egter ʼn dubbelkaartjie wen om die geleentheid by te woon. Kyk hier: