‘n Oorwurm kan ‘n groot irritasie wees!
Alles vir Maandag 27 Mei 2019
Uitspraak in saak teen Parys-boere begin
Meer as drie jaar sedert Samuel Tjixa en Simon Jubeba dood is nadat hulle op 6 Januarie 2016 op ʼn plaas naby Parys in die Vrystaat erg aangerand is, sal uitspraak vandeesweek gelewer word in die saak teen die ses mans wat van die moord op die twee oorledenes aangekla word.
Vandag se sportnuus
Amla slaan twee agtereenvolgende vyftigtalle.
Korttermynversekering: leer hierdie lesse
Ina Opperman het gaan kyk wat die meeste klagtes veroorsaak het en watter lesse verbruikers daaruit kan leer om te verseker dat hul probleme met korttermynversekering voorkom kan word.
Nog twee vas ná studente beroof is
Die polisie het nog twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die voorval waar ’n bus met internasionale studente in Mamelodi in die ooste van Pretoria beroof is.
6 vas oor renosterhorings
Ses verdagtes sal Maandag in die Vryheid-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn nadat daar renosterhorings in hul besit gevind is.
Twee polisiebeamptes die naweek doodgeskiet
In die een voorval is ‘n beampte glo deur sy kollega doodgeskiet terwyl ‘n beampte se liggaam onder verdagte omstandighede in sy motor gevind is in die ander voorval.
ANC praat met gevurkte tong oor Afrikaans
Die miskenning van moedertaalonderrig word deur elke gemeenskap in ons land ondervind. Hiervan is die deurlopende jaarlikse matriekuitslae-fiasko ‘n lewende voorbeeld van taalwanorde in die onderwys.
Ramaphosa sê eers later oor kabinet
“Pres. Ramaphosa het benadruk dat die nuwe uitvoerende gesag oor die nodige vaardighede, ondervinding en verteenwoordiging moet beskik en verbind moet wees tot die openbare dienste wat die sesde administrasie vorentoe sal neem.”
Antibiotika in diereproduksie: Oorregulering kan armoede vererger
Afrivet, ’n lid van die Suid-Afrikaanse Dieregesondheidsvereniging (SAAHA) en ’n korporatiewe lid van Agri SA, doen ’n beroep op Senzeni Zokwana, minister van die DLBV, om in die belang van voedselsekerheid en die volhoubaarheid van Suid-Afrikaanse vee-eienaars op te tree.
Gedagte vir die dag: Maak gereed en juig
Sing ’n lied tot eer van God, sing tot eer van sy Naam, maak ’n pad vir Hom wat op die wolke ry, en jubel voor Hom wie se Naam Here is. (Psalm 68:5)