Die wêreld in foto’s – 3 Junie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Filippynse meisie huil terwyl sy haar broer omhels gedurende haar eerste skooldag by die President Corazon C. Aquino Laerskool in Manila, Filippyne. Sowat 27 miljoen leerders gaan na verwagting terugkeer skool toe te midde van probleme soos oorvol klaskamers en die gebrek aan onderwysers en lessenaars. (Foto: Aaron Favila, AP)

ʼn Roos dryf op die Donaurivier naby die plek waar die stadsbesigtigingsboot omgeslaan het in Boedapest, Hongarye. Voorbereidings vir reddingspogings van die gesinkte toerboot in die Donaurivier is hervat. Daar was 30 Suid-Koreaanse toeriste, drie toergidse en twee bemanningslede Woensdag aan boord toe die voorval plaasgevind het. (Foto: Laszlo Balogh, AP)

Brittanje se prins Charles (regs) ontmoet Amerika se president Donald Trump net nadat hy by die Buckingham-paleis in Londen aangekom het. Trump is op ʼn driedaagse staatsbesoek in Brittanje. (Foto: Toby Melville, AP)

Japan se Kei Nishikori slaan ʼn hou teen Frankryk se Benoit Paire gedurende die vierde ronde van die Franse Ope-tennistoernooi by die Roland Garros-stadion in Parys. (Foto: Michel Euler, AP)

ʼn Indiese man gebruik ʼn handdoek om die sweet van sy gesig af te vee op ʼn warm, bedompige somersdag in Hyderabad, Indië. Die meeste gedeeltes van Indië ervaar erge hittetoestande met temperature van meer as 45 grade Celsius. (Foto: Mahesh Kumar, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.