Die wêreld in foto’s – 31 Julie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Wasbeerwelpie word vasgehou tydens ʼn aanbieding in die Debrecen-dieretuin in Debrecen, Hongarye. Die welpie word met ʼn bottel gevoed in plaas van deur sy ma. (Foto: Zsolt Czegledi, AP)

Perde hardloop in hulle stoet in Wehrheim naby Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ʼn Joernalis gebruik ʼn selfoon om die bilaterale ontmoeting tussen Colombia se president, Iván Duque, en Sjinese president Xi Jinping by die Great Hall of the People in Beijing vas te lê. (Foto: Andy Wong, AP)

ʼn Roos lê op die treinspoor van die hoofstasie op die plek waar ʼn agtjarige seun deur ʼn man gestamp en deur die trein omgery is. (Foto: Arne Dedert, AP)

ʼn Vrou loop deur vloedwater buitekant Dales Café en die Cakery-winkel ná swaar reën wat oornag in Yorkshire, Engeland, geval het. Baie dele van die streek het die afgelope 24 uur reën gehad, met die voorspelling van nog reën. (Foto: Danny Lawson, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieter ·

‘n Roos lê by die hoofstasie? Is dit in Pretoria, Beijing, of dalk iewers in Peru? Daar is seker mense wat weet, maar daar is diegene soos ek wat lekker in die duister is…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.