Die wêreld in foto’s – 31 Mei 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Blomme word op die oewer van die Donau geplaas ter gedagtenis aan die 21 passasiers van ʼn stadsbesigtigingsboot wat steeds vermis word nadat die vaartuig Woensdag teen ʼn groter skip op dié rivier in Boedapest, Hongarye, gebots en gesink het. Daar was 30 Suid-Koreaanse toeriste, drie toergidse en twee bemanningslede aan boord toe die voorval plaasgevind het. (Foto: Zoltan Balogh, AP)

Michelle Williams en Sam Rockwell, die akteurs wat die hoofrolle vertolk in die rolprent Fosse/Verdon, daag op by die Emmy For Your Consideration-geleentheid in die Samuel Goldwyn-teater in Beverly Hills, Kalifornië. (Foto: Jordan Strauss, AP)

ʼn Uitgebrande voertuig op die plek waar ʼn bom Vrydagoggend vroeg tydens ʼn selfmoordbomaanval in die ooste van Kaboel, Afganistan, ontplof het. Volgens die polisie is sewe mense in die aanval dood. (Foto: Rahmat Gul, AP)

Sterre en wolke oor die Nordkette (Noordketting)- bergreeks in Innsbruck, Oostenryk. (Foto: Michael Probst, AP)

Agt medekampioene hou ʼn trofee vas nadat hulle die 2019 Scripps- nasionale spelkompetisie in Oxon Hill, Maryland, gewen het. Elke wenner steek net meer as R700 000 ($50 000) in die sak. (Foto: Patrick Semansky, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.