Die wêreld in foto’s – 5 Julie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Polisielint is gespan om die gebied af te sper by die Queen Elizabeth Gardens-park in Salisbury, Engeland. Britse owerhede is op soek na leidrade nadat twee Britte Donderdag aan die senumiddel Novichok blootgestel is. (Foto: Matt Dunham, AP)

Die Tour de France-fietsrywenner, Chris Froome van Brittanje, wat met vier seges spog en sy Sky-spanmaats ry Donderdag tydens ʼn oefenlopie naby Saint-Mars-la-Reorthe in die Vendee-streek van Frankryk voor dié wedren Saterdag begin. (Foto: Christophe Ena, AP)

ʼn Man werk op ʼn veld terwyl die Agung-berg as en rook in die agtergrond uitspoeg in Karangasem, Bali, Indonesië. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

Die sokkerspeler Romelu Lukaku van België warm op tydens die 2018-Wêreldbekersokkertoernooi, ʼn dag voor België en Brasilië mekaar in die kwarteindronde die stryd sou aansê in die Guchkovo-stadion in Dedovsk, Moskou, Rusland. (Foto: Hassan Ammar, AP )

Betogers in rook gehul betoog Donderdag teen bulgevegte voor die stadsaal, ʼn dag voor die bekende San Fermin-fees in Pamplona, noordelike Spanje. Dié fees skop op 6 Julie af met die “txupinazo”-openingseremonie met mense wat dan aan bulgevegte, musiek en danse deur die ou stad sal deelneem. (Foto: Alvaro Barrientos, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.