Die wêreld in foto’s – 8 Mei 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale afstandhandhawing aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Thailand is een van dié lande wat weke gelede ʼn afsonderingstydperk ingestel het. Intussen is afsonderingsmaatreëls verslap, wat klein restaurante in Bangkok toegelaat het om te heropen, insluitend ʼn kattekafee.

Só lyk die katte van die Caturday Cat Cafe in Bangkok.

Klante by die Caturday-kafee speel met die kafee se katte. (Foto: Sakchai Lalit, AP)

Die eienaar van Caturday-kafee in Bangkok, Thailand, neem ʼn kat se temperatuur. (Foto: Sakchai Lalit, AP)

ʼn Werker by die Caturday-kafee in Bangkok, Thailand, versorg een van die kafee se katte. (Foto: Sakchai Lalit, AP)

Die eienaar van die Caturday-kafee in Bangkok, Thailand, neem ʼn kat se temperatuur. (Foto: Sakchai Lalit, AP)

ʼn Werker voer een van die Caturday-kafee se katte in Bangkok, Thailand. (Foto: Sakchai Lalit, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jan ·

Dit is ja. Dit is hoe die mense wat wel af is die wereld in fotos sien. Ek sien net arm mense wst swaar kry. Kinders wat nie kos het nie

Anel ·

Duidelik weet bulle nie hoe om katte se temperatuur te neem nie, of hulle weet iets wat ek nie weet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.