Die wêreld in foto’s – 9 April 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale distansiëring aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Gevolglik moes talle hul Paasfeesplanne prysgee, maar nietemin is daar enkeles wat die Paasfeesgees hoog hou.

ʼn Sjokolade Paashaas met ʼn gesigsmasker word in ʼn winkel vertoon in Lykovrisi, Athene. (Foto: Thanassis Stavrakis, AP)

Minstens 25 000 hout-Paaseiers word by hospitale, federale agentskappe, hulpgroepe en kruidenierswinkels in Washington afgelewer ter herdenking van die Withuis se jaarlikse Paaseier-soektog wat gekanselleer is weens die Covid-19-pandemie. (Foto: Evan Vucci, AP)

ʼn Vrou in ʼn Paashaas-uitrusting waai vir motoriste op Wyominglaan in Pennsylvania, VSA. (Foto: Kristen Mullen/The Citizens’ Voice, AP)

ʼn Paashaas met ʼn gesigsmasker sit in Ernst Langert se Paasfees-skuur in Hellingen, Duitsland. Ondanks die Covid-19-pandemie het die Langert-familie steeds hulle skuur met meer as 30 000 Paaseiers en 500 Paashase versier. (Foto: Jens Meyer, AP)

ʼn Kitskoswerker dra ʼn gesigsmasker en Paashaas-ore by ʼn Chick-fil-A-restaurant in Dallas, Texas. (Foto: LM Otero, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anel ·

So jammer die meeste mense vergeet wat die ware betekenis van Paasfees is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.