Djokovic erken fout in reisdokumente

Novak Djokovic. (Alfredo Falcone/LaPresse via AP)

Novak Djokovic erken dat daar ’n fout in sy Australiese reisdokumente ingeglip het én dat hy met ’n joernalis byeengekom het nadat hy in Desember positief vir die koronavirus getoets het.

“Dit was ’n oordeelsfout,” gee die Serwiër nou toe.

Die wêreld se voorste manstennisspeler het dié onthullings Woensdag op sosiale media gemaak nadat hy Maandag ’n skokoorwinning behaal het in sy poging om in Australië te bly om aan die Australiese Ope deel te neem.

Hy verduidelik in ’n verklaring op Instagram dat ’n “administratiewe fout” op sy reisverklaring begaan is toe sy agent die verklaring namens hom ingevul en die verkeerde blokkie gemerk het wat sy vorige reisgeskiedenis betref voordat hy verlede week na Australië gereis het.

“Dit was ’n menslike fout en beslis nie opsetlik nie. Ons leef in uitdagende tye tydens ’n wêreldwye pandemie en soms kan hierdie foute voorkom. My span het vandag bykomende inligting aan die Australiese regering verskaf om hierdie saak op te klaar.”

Die onderhoud ná ’n positiewe toetsuitslag

Djokovic erken ook dat hy ’n verpligting met ’n Franse koerant nagekom het nadat hy verlede maand ’n positiewe Covid-19-toetsuitslag ontvang het.

Hy verduidelik dat hy op 14 Desember ’n basketbalwedstryd in Belgrado, Serwië, bygewoon het waarna verskeie mense positief vir die virus getoets het.

“Ten spyte daarvan dat ek geen Covid-19-simptome gehad het nie, het ek op 16 Desember ’n vinnige antigeentoets gedoen wat negatief was. Ek het versigtigheidshalwe ook ʼn amptelike en goedgekeurde PCR-toets op dieselfde dag laat doen.

“Ek het die volgende dag ’n tennisgeleentheid in Belgrado bygewoon om toekennings aan kinders te oorhandig en ’n vinnige antigeentoets afgelê voordat ek na die geleentheid gegaan het. Dit was negatief.

“Ek was asimptomaties en het goed gevoel. Ek het eers ná daardie byeenkoms die kennisgewing van ’n positiewe PCR-toetsuitslag ontvang.”

Hy erken egter dat hy die dag daarna voortgegaan het met ’n onderhoud en fotosessie met L’Equipe aangesien daar lank tevore op die onderhoud ooreengekom is.

“Ek het alle ander geleenthede behalwe die L’Equipe-onderhoud gekanselleer.

“Ek het verplig gevoel om voort te gaan met die L’Equipe-onderhoud, want ek wou nie die joernalis in die steek laat nie. Ek het wel verseker dat ek sosiale afstand handhaaf en ’n masker dra, behalwe wanneer foto’s van my geneem is.”

Die wêreld se voorste manstennisspeler is ná die onderhoud huis toe om te isoleer.

“By nabetragting was dit ’n oordeelsfout en ek aanvaar dat ek hierdie verbintenis moes herskeduleer het.”

Die tennisster sê voorts dit is vir hom belangrik om verkeerde inligting rakende hom reg te stel “veral in die belang om breër kommer in die gemeenskap oor my teenwoordigheid in Australië te verlig, en om sake aan te pak wat seermaak en my familie raak.

“Hoewel ek gevoel het dat dit belangrik is om verkeerde inligting aan te raak en uit te klaar, sal ek geen verdere kommentaar lewer nie uit die grootste respek vir die Australiese regering en hul owerhede en die huidige proses.

“Dit is altyd ’n eer en ’n voorreg om in die Australiese Ope te speel. Die Australiese Ope is baie geliefd onder spelers, ondersteuners en die gemeenskap, nie net in [die staat] Victoria en in Australië nie, maar oor die hele wêreld, en ek wil net die geleentheid hê om teen die beste spelers in die wêreld en voor een van die beste skares in die wêreld mee te ding.”

Maroela Media het vroeër berig Djokovic het sy appèlaansoek gewen nadat Australië sy visum verlede week teruggetrek het omdat hy nie aan die land se toegangsbepalings voldoen het nie.

’n Australiese regter het eindelik in Djokovic se guns beslis en beveel dat hy uit ’n immigrasiesentrum vrygelaat word.

Die tennisster berei tans voor vir die Ope wat Maandag afskop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Marius ·

Mense maak foute ja, maar op die tyd was die riglyne en voorskrifte duidelik. Dit was wel onverantwoordelike optrede deur steeds voort te gaan met afsprake, onderhoude, fotosessies ens.

Aan die ander kant is dit net ‘n virus van talle wat mense kan doodmaak. Ander virusse word nie gerapporteer, gemonitor en bestuur nie.

Danie ·

Ai ou Novak, nou waaroor al die bohaai. Die mense het hier darem vreeslike kommentaar gelewer, ek wonder of hulle ook nou sal verskoning vra oor wat hulle kwyt geraak het?

krodedil ·

Besis nie. Die anti-vaxxers het die meeste op duimpies (Smiling Faces) gehad en staam nog heelpad saam met hom

Tubac ·

Dan moet julle maar saam met hom op die vliegtuig gaan klim. Huistoe.

miavos ·

Hier is net te veel van ‘n verduidelikery aan die gang. Daardie was nie ‘menslike foute’ nie – dit was opsetlik.

Tubac ·

Stem. Sy visum was altevore gekanselleer. Sou dink n mens leer daaruit. Maar nou ja arrogansie het nie brieke nie.

Pofadder ·

Weasel words. Die bewyse is duidelik. Nou vra hy skielik om verskoning. Hy mag ‘n goeie tennisspeler wees, maar miskien is dit waar dit ophou.

Louise ·

Ek dink hy is betaal om die erkenning te maak sodat daar nie ‘n president geskep word oor hy die hofsaak gewen het nie.

Christian ·

Sy geraamde “net worth” is R 3,5 miljard. Ek dink dit was ‘n fout, beweeg aan. Nie alle stories moet nog ‘n stertjie kry nie. Net ‘n vraag, iemand met soveel geld; Hoeveel dink jy sou hy moes betaal word om te lieg? Is hy so desperaat om nog geld te kry?

Daleen ·

Ek lief hoe hy tennis speel maar ai sy mond en sy pa se mond is net te groot… Nee wat miljoene mense WERELDWYD isoleer as hulle positief toets wat maak jou beter….

JM ·

As jy die wêreld se beste tennisspeler is, beteken dit nie dat jy gearriveer het nie; die een of ander tyd kom jy vinnig terug aarde toe. Arrogansie is ‘n aanstootlike persoonlikheidseienskap!

Pietertjie ·

Ek sou graag wou sien dat hy al die Australiese regeringsamptenare wat betrokke was, persoonlik aanspreeklik hou vir enige en alle skade wat hy berokken is.

krodedil ·

Ek sien die Aussie aanbieders se gevloek en skel lek uit. Swak smaak

Tubac ·

P, So wat jy wil kwyt raak is dat die wat die reels toepas, vir elke visum wat gekanselleer was aanspeeklik gehou moet word?? Die krieket is op die kassie.

Jacobus ·

Groot van jou Novak! Die verduideliking lig ook die dubbelsinnigheid van toetse en uitslae van toetse. (Wou eintlik sê belaglikheid).
Hier staan ‘n “un-vaxxed” teenoor skares wat “fully -vaxxed” is. Dan is sg beskeming mos ‘n klug. Moet nie die finansiële voordele en insentiewe vir politici wat so hand en tand baklei onderskat nie.

Jacobus ·

Vir Aus word groot insentiewe aangebied deur VSA – wapen transaksies. Goedgunstiglik georkestreer deur VSA, WEF, WHO en res van die kanaal. Nie sameswering nie maak net julle ore en oë oop vir wat in gewone nuus in omgang is.

Andre ·

Net weer Australië waar mense met alle mag en geweld beheer word.

Tubac ·

Wat van hier by ons toe almal so te velde getrek het oor die lockdown reels. Die ou spreekwoord oor die balk en splinter is so waar.

piet ·

Deporteer hom en se sy deelname op. Hy was nie eerlik nie. Nou bieg hy want hy is bang die regte feite kom op ‘n ongelee tyd navore.

Treurwilger ·

Stem saam, Vrijburger.
Dis ook duidelik dat die ‘vaccines’ géén vertroue by die publiek óf amptenare inboesem nie. Selfs gekombineer met maskers voel gevaxdes steeds erg bedreig deur enkelinge met ander sienings.

Gerhard ·

Die mense “down under” moet hom dankbaar wees. Hy het meer reggekry as almal saam om op te staan teen n polisiestaat in wording. Hy kon huistoe gegaan het en die Hitlers hul sin gegee het. Die wereld het meer sulke mense nodig.

Well done
.

Pieter ·

Hy verbeel hom hy moet “koninklike behandeling” kry omdat hy ‘n wêreldbekende tennisspeler is…. Almal moet na sy pype dans…. Opsetlike fout, ja….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.