Duisende in Kiëf sonder krag, water ná missielaanvalle

Duisende inwoners van Kiëf sit weer sonder elektrisiteit. (Foto: Andre Luis Alves / Anadolu Agency via AFP)

Duisende inwoners van Kiëf sit weer sonder elektrisiteit en water nadat Rusland Maandag ’n reeks missielaanvalle op die hoofstad se sleutelinfrastruktuur geloods het.

Volgens Valeriy Zaluzhnyi, die Oekraïense weermag se opperbevelvoerder, het Rusland 55 kruisermissiele en ander vorms van ammunisie op “burgerlike teikens” regoor die land afgevuur.

Die Oekraïense presidentsraadgewer Oleksiy Arestovich het die aanvalle Dinsdag vroegoggend as “een van die grootste bomaanvalle op ons grondgebied deur die leër van die Russiese Federasie” bestempel.

Arestovich sê wel die vernietiging kon veel erger gewees het aangesien baie van die missiele afgeskiet is.

Volgens die Oekraïense eerste minister, Denys Shmygal, het die aanvalle wel kragonderbrekings in “honderde” gebiede in sewe Oekraïense streke tot gevolg gehad. Verskeie ontploffings kon Maandag in Kiëf gehoor word.

Die stad se burgemeester, Vitali Klitschko, het bevestig dat 40% van die stad se inwoners sonder water gelaat is, terwyl 270 000 huise geen elektrisiteit het nie.

’n AFP-joernalis in die weste van Kiëf het meer as 100 mense met leë plastiekbottels en houers opgemerk wat wag om water uit ʼn fontein in ’n park te skep.

“In plaas daarvan om op die slagveld te veg, veg Rusland teen burgerlikes,” het die Oekraïense minister van buitelandse sake, Dmytro Kuleba, intussen op Twitter gesê.

Die Russiese weermag het intussen bevestig dat hy missielaanvalle uitgevoer het en gesê alle beplande teikens is bereik.

Die jongste aanvalle volg kort nadat sowat ’n derde van Oekraïne se kragstasies vroeër vandeesmaand vernietig is.

Kuleba sê Oekraïne se energie-infrastruktuur sal met die toerusting van 12 lande herstel word. Dit is nie duidelik watter lande se toerusting ingespan sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

JohanR ·

Waaneer gaan iemand iewers vir Rusland se genoeg is genoeg?

Human ·

Rusland word bedreig deur, die mallekoppie karakter, Putin.

Manie ·

Die oomblik toe Navo geleide Amerika vir die Oekraïne Navo lidmaatskap wou gee en wapenstelsels op die Russiese voorstoep wou plaas. Dink vir ‘n oomblik hoe Amerika sou reageer indien Rusland wapentuig in Mexiko sou plaas.

Republikein in die Wes Kaap ·

Nommer 7, lank voordat Rusland vir Oekraïne binnegeval het het die Yanks kernwapens ontplooi in Navo lande wes van Oekraïne. Hulle het reeds beplan om dieselfde in Oekraïne te doen. Poetin het die VSA/Navo planne beduiwel.

Groen Ghoen ·

Interessant dat chaos in die globale ekonomie en politiek uitgebreek het binne twee jare nadat Biden VSA president geword het. ‘n Mens sidder om aan die gevolge van hierdie man se rampspoedige besluite te dink.

Nommer 7 ·

Stem saam. Sedert Biden president geraak het, het my motor al 2 keer onklaar geraak.

andre ·

Hy is tans besig om n oorlog tussen Taiwan en China te veroorsaak . China word natuurlik as die skuldige voorgehou

Nici ·

Ukraine kry wat hy uitdeel. Hul het met die terreuraanvalle begin. As Zelensky omgee vir sy mense moet hy dalk die wit vlag hys. Krimea was Russies voor Kruschef dit weggegee het. Die Donbass Repulieke is vol Russe wat jare mishandel word deur Kiev wat teruggegaan het op die Misk ooreenkoms van 2014. Hierdie oorlog is uitgelok en was totaal vermydelik, anders as wat Westerse media vertel. Onthou Sadam se ‘weapons of mass destruction’ wat nooit bestaan het nie maar die rede vir Amerika se aanval regverdig het? Ons word deur die media gebrainwash.

Groen Ghoen ·

Jy het deur die rookskerms van leuens en propaganda gesien, Nici. Putin het met Biden (Nominale hoof van NAVO) onderhandel maar is die deur gewys. Biden se swak staatsmanskap het vir ons almal gevolge. Dit is tyd dat daar van diegene wat in die dae van die Koue Oorlog lewe ontslae geword word. Al wenners is die wapenvervaardigers.

Dooierus ·

Teleurstellend dat jy oorlogmisdade so maklik afmaak. Jy se dit self… Krimea is weggegee. So moet Alaska ook terug aan Rusland gegee word – om maar net een voorbeeld te noem. Al die ou USSR lande het rus-sprekende burgers. Moet areas waar hulle bly, ook oorgee aan Rusland. Dan moet areas wat Rusland van Finland geeis na WW2 ook seker terug besorg word aan Finaland, dan nie?

Republikein in die Wes Kaap ·

Nic, daar is Russiese gemeenskappe in Finland, en Fins-Sami gemeenskappe in Rusland. Daar is Pools, Russiese en Hongaarse gemeenskappe in Oekraïne, en Oekraïnse gemeenskappe in Slowakye, Hongarye, Moldavië en Romenië. Almal het redelik goed oor die weggekom totdat die Amerikaners betrokke geraak het.

Human ·

Het jy aansoek gedoen vir ‘n Amerikaanse “Greencard” of paspoort wat afgekeur is?

Dooierus ·

Ek bly al 20 jaar in Finalnd en een ding is verseker Amerika het absoluut niks met dit uit te waai nie. Finland is al al vir 80 jaar versigtig met die russe( Aldus groot weermag in vergelyking met befolking) Jy is korrek – almal deel gemeenskappe met ander lande …dis wereldwyd die geval. Sonder om te ver van die punt af te dwaal- Elke land het die reg om sy eie besluite te neem. Wat Rusland besig is om te doen is niks nuut nie…. vra enige buurland.

JohanR ·

Jy moet baie gelukkig wees Nici dat van myle en myle ver instede om die Oekraine se magte te weg, gooi hulle nou missile op burgerlikes af soos lafaards!

Republikein in die Wes Kaap ·

JohanR, dan het die Russe mooi geleer by die Amerikaners in Afganistan en Irak.

Human ·

Ja en die Russe was engeltjies toe hulle in Afganistan en Sirië oorlog en amok gemaak het, voor Amerika betrokke geraak het, met “The War on Terror,” in Afganistan en in Irak.

Republikein in die Wes Kaap ·

In die 1980s het die Sowjet Unie teen die Taliban geveg. Oekraïne was destyds deel van die Sowjet Unie. Amerika het toe die Taliban gefinansier en wapens verskaf. Obama was groot pelle met die Yanks. En toe vaar Amerika binne. En wie was die vyand? Die einste Taliban, Human. En hulle het die Yanks met hulle eie wapens gepiets.

andre ·

Stem 100% met jou saam , die media is die probleem. Hulle staan vas agter die Oekraine

Haan ·

Ek voel jammer vir die burgers van Oekraïne wat aan hierdie lot uitgelewer is deur grootbek politici. Hierdie uittarting van Rusland kom al sedert 2014. Oekraïne het hulle sterte afgevee aan die Minsk ooreenkoms, en is nou basies n sateliet-staat van die VSA… Wat net aanhou wapens in pomp en lewens af maai

Hennie ·

Dis niks…hier in SA is daar geen oorlog en geen misiele wat vlieg nie, en net soveel mense het geen krag of water nie…

E ·

En soveel word daagliks geweldadig dood gemaak – sonder ‘n amptelike oorlog,

Human ·

Die kriminele hier is soos Putin. Hy sê mos dit is nie ‘n oorlog, maar ‘n spesiale operasie.

Marthinus W ·

Amerika se buitelandse beleid word gemaak deur die Council on Foreign Relations (CFR). Trump het vertel, 8 maande voor die presidentsverkiesing, is hy en die ander kandidate ingeroep, en vertel wat die beleid gaan wees. Trump het as prez egter alle CFR-lede uitgeskop; hulle het wraak geneem, en belowe hy sal nooit weer die Withuis betree nie. Edward Snowden het op Wikileaks n e-pos geplaas, wat wys hoe die CFR vir Obama maande voor hy die prez geword het, reeds ingelig heet wie sy staf gaan wees.

In 2014 het die CFR n staatgreep in Oekraine gelei; Obama het op TV gespog, “we facilitated a change of government”. Een van die eerste aksies van Kief in 2014 was om die watertoevoer na die Krim af te sny; hulle het n dam gebou om te verhoed die Krimmers kry water. [Die Wereld was stil] Toe Poetin sy troepe op 24 Febr 2022 in stuur, was een van hulle eerste teikens daardie dam. Na 8 jaar, het Krim weer direkte watertoevoer.

Republikein in die Wes Kaap ·

Trump het net begin skoonmaak toe die Deep State toeslaan.

andre ·

Al word mediaberigte so bewoord dat Rusland die muishond is,is dit n riem onder die hard om te sien dat regdenkende Suid-Afrikaners andres dink. Ondersoekende joernalistiek na die VSA se betrokkenheid by Oekraine tydens die Obama bewind sal regtig welkom wees .

Human ·

Die ANC(voëls van eenderse vere) dink ook anders. Regdenkende Suid-Afrikaners is ‘n relatiewe begrip veral as daar gevoel en gedink word dat hulle te nagekom word(siestog!) en die lewe(ander) skuld hulle.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ANC kry meer hulp van Amerika as van Rusland. Veral wanneer die Demokrate aan bewind is. Trump sê egter reguit Afrika is ‘n ashoop. Ek kies enige dag steeds Trump/Poetin bo Biden/Harris/Pelosi/Stolteneberg/Sunak/Tredoux/Zelenski en ‘n paar ander perde in die EU en Navo. Ons regdenkenes vra niks, en dit sluit Poetin in.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.