Duitse tiener steek klasmaats, toe homself met mes

‘n Skermskoot van die owerhede buite die skool in Wuppertal, Duitsland.

’n Tienerseun van Duitsland is in ’n bedenklike toestand (en in aanhouding) nadat hy Donderdag vyf klasmaats en toe homself met ’n mes gesteek het.

Die aanval het vanoggend by die Wilhelm-Dörpfeld-hoërskool in die stad Wuppertal in die weste van Duitsland plaasgevind.

Volgens die polisie het die 17-jarige aanvaller “lewensbedreigende beserings” tydens die aanval opgedoen.

Sy klasmaats het minder ernstige beserings opgedoen.

Volgens ’n woordvoerder van die Duitse polisie het die skool vroeër vandag ’n boodskap aan ouers uitgestuur om hulle in kennis te stel dat die aanvaller ’n 17-jarige leerling is wat ’n manies-depressiewe episode ervaar het.

Die presiese besonderhede van die aanval is egter nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mari ·

Waarskynslik is dit gedoen deur een van die “ingeneurs” of “dokters” wat Merkel oor die waters (in klein bootjies) laat kom het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.