Epstein se beserings dui eerder op moord as selfmoord, sê bekende patoloog

Jeffrey Epstein (28 Maart 2017) (Foto: New York-seksoortredersregister via AP, File)

’n Bekende patoloog van New York City sê hy glo die Amerikaanse miljardêr en finansierder Jeffrey Epstein (66) is moontlik vermoor en het dus nié selfmoord gepleeg het soos patoloë vroeër vanjaar bevind het nie.

Dr. Michael Baden, ’n voormalige hoof- mediese ondersoeker vir die Stad New York met sowat 50 jaar se ondervinding in die veld, het Woensdag ’n opskudding veroorsaak toe hy gedurende ’n onderhoud met Fox News gesê het dat bewyse rakende Epstein se dood in Augustus vanjaar op moord dui.

Fox News berig Baden, wat deur Epstein se broer aangestel is en die lykskouing waargeneem het, het tydens die onderhoud gesê die bevindinge van die lykskouing stem eerder ooreen met verwurging as die van selfmoord.

Volgens Baden (85) het hy tydens die nadoodse ondersoek opgemerk Epstein het twee frakture aan die linker- en regterkant van sy larinks. Hy het ook ’n fraktuur net bo die Adamsappel gehad.

“Die drie frakture is uiters ongewoon wanneer iemand homself hang en kan gewoonlik by doelbewuste verwurging voorkom,” het Baden verduidelik.

“Alhoewel daar nog nie genoeg inligting is om dit te bevestig nie, is die drie breuke ‘buitengewoon’,” het Baden wat vantevore in hoë profielsake soos dié van OJ Simpson, president John F. Kennedy en Martin Luther King betrokke was, gesê.

“Ek het in 50 jaar nog nie gesien waar dit in ’n selfmoord-hangsaak gebeur het nie,” het Fox News vir Baden aangehaal.

Maroela Media het vroeër berig die 66-jarige Epstein is op 10 Augustus dood aangetref in sy sel by die Metropolitan-gevangenis in New York. Daar is toe bevind dat hy homself gehang het. Die hoofpatoloog in die saak het dit bevestig.

Daar was vrae oor hoe hy sy eie lewe kon neem sonder dat bewaarders dit gesien het.

Epstein, wat skuldig bevind is op aanklag dat hy talle minderjarige meisies oor verskeie jare seksueel mishandel het, is onder selfmoordwaarneming geplaas nadat hy op 23 Julie op die vloer van sy sel aangetref is met kneusmerke aan sy nek.

Talle persone wat vertroud is met bedrywighede in die tronk het egter gesê hy is ná ʼn week weer na ʼn hoëveiligheidbehuisingseenheid oorgeplaas waar hy nie deurgaans gemonitor is nie, maar na bewering moes bewaarders elke 30 minute ondersoek ingestel het.

William Barr, minister van justisie, het gesê beamptes het “ernstige onreëlmatighede” by die tronk onthul.

Sy dood het ʼn strafsaak kortgeknip wat heelwat meer lig kon werp op die binnekring van ʼn ambisieuse en skatryk verskansingsfondsbestuurder wat eens skouers geskuur het met talle bekendes – van oudpres. Bill Clinton tot pres. Donald Trump en prins Andrew.

Epstein het glo minderjarige meisies betaal om hom by sy huise in Florida en New York masserings te gee waar hy hulle glo gemolesteer het. Die aanklagte teen hom hou verband met bewerings wat dateer uit die vroeë 2000’s.

Epstein se inhegtenisneming was te midde van ʼn hernude ondersoek na ʼn voorheen geheime pleitooreenkoms wat ʼn strafregtelike ondersoek teen hom beëindig het. Die ooreenkoms, wat nou in ʼn Florida-hof betwis word, het Epstein in staat gestel om in 2007 skuld te beken op ʼn minder ernstige aanklag van prostitusie.

Epstein se aansoek om borgtog is vroeër van die hand gewys en tronkstraf van tot 45 jaar – vir aanklagte van sekshandel en sameswering – het hom in die gesig gestaar. Hy het skuld ontken en was verhoorafwagtend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Donderstorm ·

Met n 100miljoen$ prys op jou kop sou jy ook so opgeeindag het.

Anne ·

Snaaks hoe Trump se naam dikwels opkom… Is alles dan nou fake news?

Annie ·

Jy het n punt beet! Maar volgens Trump en sy dom aanhangers is alles waarvan hulle nie hou nie fake news….

Awie Opperman ·

Net snaaks hoe trump beskuldig word as die ou basies huisvriende met die clintons was.

Missy ·

Nee dis nie fake news nie, maar die demokrate en hulle groot finansier Soros wat nou alle stops uittrek om die ou te diskrediteer. Hy is ‘n groot remskoen in die nuwe wereldorde se plannetjies.

AB ·

Almal weet hy is vermoor. Die Clintons laat nie bewyse agter nie. Nou moet daai patoloog ook oor sy skouer kyk!

Anon ·

Heel waarskynlik die Mossad. Dead men tell no tales. Hy het baie dirt op onder andere prins Andrew gehad. Die ou kwien het diep sakke. Follow the money.

Siener van Melbourne ·

Ek dink onse Prince Andrew word beskerm deur dieselfde “sweepers” wat Tannie Di permanent uit die samelewing verwyder het.

Leon ·

Daar was te veel op die spel vir die res wat ook aan die pen sou ry. Hierdie saak strek baie dieper as wat ons besef. Vir die wat onthou en weet, dink aan Gert van Rooyen en Joey Haarhoff. Hierdie kan dal ook so iets wees. Sy mede skurke het seker gemaak hy praat nie.

Dorothy ·

As Trump ons land kan regeer sal dit die wonderlikste oplossing wees om Suid Afrika uit hierdie gemors te kry. Kyk na jul eie regering en hou op om die man aan te val. Hy weet wat hy doen

Jonathan ·

Nie eers Trump kan hierdie land meer red nie. Net ‘n hoër hand kan die verskil maak, maar dit gaan nie mooi wees nie.

mar-nee ·

Maak dit regtig saak hoe hy dood is…hy het baie se lewens verwoes en misbruik…geld kan nie alles reg koop nie.

Anti ·

Ons almal weet Epstein was deel van n internationale pedo ring met baie skatryk invloedbare mense in die binnekring. hy is vermoor omdat hy nie alleen sou ondergaan nie. hyt het partytjies bygewoon waar die afskuwelikste goed gebeur het met kinders. Baie mense in politici en sport, dokters, you name it is betrokke. mense besef nie hoe die goed reg onder hul neus gebeur nie en hoeveel kinders onder die hande van die mense verdwyn nie. Dr Phil het n episode gehad van n vrou wat ontsnap het uit die “kring”se kloue.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.