Familie dagvaar regering na Australiese oumagrootjie se skokdood

Clare Nowland (Foto: Twitter)

Die familie van ’n 95-jarige Australiese oumagrootjie wat in Mei dood is nadat sy deur ’n polisiebeampte met ’n elektriese skoktoestel geskok is, dagvaar die regering vir skadevergoeding.

Clare Nowland, wat aan demensie gely het, is op 24 Mei dood nadat sy met ’n elektriese skoktoestel by die Yallambee Lodge-versorgingsoord in Cooma, sowat 114 km suid van Canberra, geskok is.

Die bejaarde vrou het weens die skok geval en skedelbreuk opgedoen.

Sam Tierney, die familie se prokureur, het bevestig die familie het ’n siviele skadevergoedingseis teen die regering van Nieu-Suid-Wallis ingestel vir die beweerde aanranding van Nowland.

“Die familie wil in hierdie stadium geen kommentaar lewer nie, gegewe die strafsaak wat voortduur,” het Tierney gesê.

ʼn Voorverhoorkonferensie vir die siviele saak sal op 24 Augustus by die Bega-distrikshof plaasvind.

ʼn 33-jarige senior polisiekonstabel is aangekla van onder meer aanranding met die doel om ernstig te beseer en sal na verwagting op 6 September in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig personeel van die Yallambee Lodge-versorgingsoord het polisiebeamptes daarheen ontbied nadat Nowland omstreeks 04:00 met ’n mes in haar hand rondgedwaal het.

Polisiebeamptes het Nowland glo gemaan om die mes te laat val. Dit is toe dat Nowland “teen ’n stadige pas” met haar loopraam in die rigting van die polisiebeamptes beweeg en een van die beamptes haar met die skoktoestel geskok het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Perdeby ·

Hi nee mense hoe doen jy so iets aan ‘n 95 jaringe persoon Wow ek is geskok!

Piet Snot ·

Daai polisieman hoort in die tronk.
Strafbare manslag – die onbedoelde veroorsaak vd dood v ʼn mens.

Aai ·

Ek se dit is reg vat hulle hof toe maar geld gaan na welsyns organisasie?

Cola ·

Die versorgingsoord het ook skuld hierin hul het geweet van haar demensie, vang haar omkant en vat die mes af jy het nie die polisie daarvoor nodig nie

sterk soos n beer ·

dit moet na moord verander word en die konstabel moet lewenslank kry.

Veronika ·

Rerig!!!?? Hoe moeilik kan dit wees om n mes by n 95jarige met n loopraam af te neem!!!!????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.