Finalisfoto: Muise swaai appels in moltreintonnel

“Station squabble” deur Sam Rowley, Verenigde Koninkryk

ʼn Foto van twee muise, wat op ʼn moltreinplatform in Londen oor ʼn stukkie kos baklei, is op die kortlys vir die Natuurfoto van die Jaar.

Sam Rowley se foto is ʼn finalis saam met verskeie ander indrukwekkende foto’s van onder andere ysbere, flaminke, ʼn takbok, bruinbeer en luiperds.

Rowley se foto, “Station Squabble” is deel van LUMIX se People’s Choice-toekenning op die Natural History Museum se webwerf.

Hy het op die platform op sy maag gaan lê en wag vir die muise. Die stukkies kos is deur passasiers laat val. Die “bakleiery” het ʼn breukdeel van ʼn sekonde geduur voor een van hulle met die krummel weggehardloop het.

Daar is 25 foto’s op die kortlys en die publiek kan nog tot 4 Februarie 2020 vir hul gunstelingfoto stem. Klik hier om te stem.

Hier is nog ‘n paar finaliste:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

André André ·

Ai man, DIT is mos nou wonderlik hoe die natuur met mens praat, dan het mens nie die gebrabbel van ‘n sekere tieneraktivis nodig nie, hierdie foto’s spreek mos tot mens se siel en as DIT mens nie aanspoor om die natuur te bewaar nie, sal niks!

Wima ·

Die taal van diere en hul manier lok altyt reaksie uit. Ons het ‘n kat wat ons as huisgesin aangeneem het. Sy sal ‘n muis vang en in die huis inbring en dan gaan my helfte omtrent soos ‘n meisiekind tekere…ltl. My seun sal die muis weer aan die lewe probeer kry en hom/haar weer buite sit. Ons het maar sawwe harte as dit by diere kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.