Fotograaf in sop wat Franse president in baaibroek kiek

Emmanuel Macron. (Foto: Benoit Tessier/Pool Photo via AP)

Frankryk se president, Emmanuel Macron, het hom glo bloedig vererg ná ʼn foto van hom in sy baaibroek in ʼn galery in Parys verskyn het.

Thibault Daliphard, die fotograaf wat die gewraakte foto geneem het, word nou vir die skending van privaatheid ondersoek en moes hom verlede week by ʼn polisiestasie naby sy huis in die suide van die land vir ondervraging aanmeld.

Luidens mediaberigte het Macron en sy vrou, Brigitte, glo ʼn strafregtelike klag teen Daliphard aanhangig gemaak. Die presidensiële kantoor wou egter nie op die voorval kommentaar lewer nie.

Die kiekie vorm deel van ʼn reeks paparazzi-foto’s van die 43-jarige Macron tydens ʼn familievakansie in die Middellandse See en is reeds in Augustus verlede jaar gepubliseer.

Op sommige foto’s kan gesien word hoe Macron saam met sy vrou, Brigitte, en ander familielede op ʼn boot in sy baaibroek uitspan, terwyl hy op ander foto’s kaalbolyf, maar met ʼn reddingsbaadjie aan, op ʼn jetski op die water ry.

Een van dié jetski-foto’s het later deel van ʼn uitstalling by ʼn galery in Parys gevorm. Die uitstalling het ʼn reeks foto’s van Franse presidente op vakansiereise bevat.

Die eienaar van die galery is ook deur plaaslike owerhede ondervra, maar dit is nie in dié stadium duidelik of enige aanklagte hom in die gesig staar nie.

Daliphard het aan AFP gesê hy is “verbaas” oor die president se reaksie op die “vleiende” foto.

“Die foto wys ʼn jong, dinamiese president wat amper soos ʼn lid van die [Amerikaanse] Kennedy-familie lyk.”

Hy sê menige voormalige Franse president het al met vakansie vir soortgelyke foto’s geposeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

netek ·

Ek soek `n gesiggie hier wat rol soos hy lag. Dit is nou snaaks. EGO EGO EGO Shame

JohanR ·

Ons kan net dankbaar wees dat ons nie ‘n foto van Jacob Zuma in ‘n Speedo daar by die “firepool” het terwyl hy probeur om ‘n “fire” uit te sit!

Leana ·

JohanR ai het ek darem nou lekker sit en lag vir die prentjie wat ek in my kop gekry het.

Lionel ·

@Dries – en ons (SA’s) het enige iets te sê want ons het mos wonderlike leiers, nè. Sal in ‘n oogwink die “kinderagtige” president vat, wat een van grootste Europese lande op ‘n jong ouderdom regeer. Gaan kyk maar hoe Frankryk verbeter het sedert hy president geword het! Magnifique Macron !

Vonkprop ·

Ek stem Lionel maar om nou so ‘n amok te maak oor ‘n foto is kinderagtig.

Gert ·

As jy nie so afgeneem wil word nie moenie so rondloop nie. Hy soek net aandag en kry dit nou

Tipper ·

Op die belasting betalers se geld, lekker vakansie,lekker jetski,wonder as n refugee die foto geneem het, no case.

Belinda ·

seker omdat hy (die president) nie sy pens ingetrek het nie en nou is hy bang almal judge hom op sy boepie of iets.

ES ·

Kyk, ek sal ook nie hou daarvan as mense my afneem sonder my toestemming nie – maar as ek die president van ‘n land is, kom dit ongelukkig saam met die “beroep”.

Hy is ‘n publieke figuur, en hy gaan afgeneem word op fotos, waarookal hy hom gaan bevind. Hy kan nie elke liewe fotograaf dagvaar wat hom afneem nie, baai broek of te not.

marius ·

En ‘n ander het hom ‘n oorveeg gegee , nadat hy aan sy arm gevat het gedurende Covid . Wat ‘n laventel haantjie ….

Anoniem ·

Foei tog. Duidelik ń gebrek aan selfbeeld OF oordrewe mate van arrogansie …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.