Foto’s: Kortlys van wetenskapfoto-kompetisie slaan asems weg

Die kortlys van die Royal Photographic Society se Wetenskapfotograaf van die Jaar-kompetisie is pas bekendgemaak en die finalis-foto’s is omtrent indrukwekkend.

Dié kompetisie is op soek na foto’s wat die oog vang en wys hoe wetenskap gedoen word, hoe fotografie in wetenskap gebruik word of hoe wetenskap ons daaglikse bestaan beïnvloed. Die kompetisie is oop aan enigiemand, ongeag ouderdom en of die persoon fotografie-ervaring het of nie. Studente, navorsers, professionele fotograwe, amateurfotograwe en wetenskaplikes het almal hul foto’s ingeskryf.

Die kortlysfoto’s sal van 7 Oktober tot 5 Januarie by die Wetenskapmuseum in Londen uitgestal word.

Twee wenners sal gekies word: Wetenskapfotograaf van die Jaar vir deelnemers 18 jaar en ouer, en Jong Wetenskapfotograaf van die Jaar vir deelnemers 17 jaar en jonger.

Van die foto’s wat die kortlys gehaal het:

Seepborrelstrukture. (Foto: Kym Cox/Wetenskapfotograaf van die Jaar 2019/Royal Photographic Society)

Kartering van suurstof. (Foto: Yasmin Crawford/Wetenskapfotograaf van die Jaar 2019/Royal Photographic Society)

Dié foto is in die Himalajas in Nepal geneem by die Gosaikunda-meer. Die waserig sterreband in die lug is die Melkweg. (Foto: Yevhen Samuchenko/Wetenskapfotograaf van die Jaar 2019/Royal Photographic Society)

ʼn Haakspeld wat verbind is met ʼn hoëspanning elektriese opwekker wat veroorsaak dat die haakspeld die lug rondom dit ioniseer. Wanneer die elektrone terugval op ʼn atoom, word die oortollige energie as fotone vrygestel, wat die gloeiende lig rondom die speld veroorsaak. (Foto: Richard Germain/Wetenskapfotograaf van die Jaar 2019/Royal Photographic Society)

ʼn Nabyskoot van ʼn meelkewer wat gewoonlik in graan en meelprodukte gevind word. (Foto: David Spears/Wetenskapfotograaf van die Jaar 2019/Royal Photographic Society)

Die Noord-Amerika-newel (wolk), NGC7000, in die sterrebeeld Cygnus (die Swaan). (Foto: Dave Watson/Wetenskapfotograaf van die Jaar 2019/Royal Photographic Society)

ʼn Boktor. (Foto: Viktor Sykora/Wetenskapfotograaf van die Jaar 2019/Royal Photographic Society)

Die Lovell-teleskoop by die Jodrell Bank sterrewag naby Goostrey, Cheshire, in die noordweste van Engeland. (Foto: Marge Bradshaw/Wetenskapfotograaf van die Jaar 2019/Royal Photographic Society)

Onderstebo jellievisse. (Foto: Mary Anne Chilton/Wetenskapfotograaf van die Jaar 2019/Royal Photographic Society)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

De Villiers ·

Die wetenskap bly maar darem interessant, veral as dit met ń foto vasgevang kan word sodat mens dit visueel kan waarneem.

Interessant ·

Ek hoop al wat ‘n skookkind gaan hieraan deelneem. Kom julle, maak julle breine oop vir wetenskap. Dis die toekoms. Hoop daar kom baie oulike fotos na vore!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.